Skip to main content

logo new

Surnames N to Q

NORTIER Daniel

Daniel NORTIER, een van 3 broers van Picardie, was 'n Franse Hugenoot wat in 1688 met die Oosterland aangekom het. Hy was eers 'n bediende vir Jacques de Savoye, en later 'n timmerman en getroud in 1687 met Maria VITOUT . Hy het hom gevestig op La Motte in Drakenstein. Hy is oorlede in 1711. Hulle het 4 kinders gehad:

1. Jacob ~ 15 Nov 1688
2. Elizabeth ~ 1690 x Matthys Strydom s/v Joost
3. Anthonie ~ 1692 x Maria Magdalena Pienaar
4. Jonas ~ 1696
5. Jean ~ 15 Sep 1697 x Maria le Roux xx 9 Okt 1729 Margaretha Malherbe

Maria trou die tweede keer met Matthys Michiels (kyk ook onder Matthys Michiels vir meer inligting)

NOTE: added by Demornay du Toit, 3 February 2009

His date of death is given above as 1711, but his wife, Maria Vitout, is listed in the transcription of the 1702 muster roll (Drakenstein) as  de Wede Daniel Nortier Maria Vitou 4 k.

Source: eGSSA web site, Transcriptions of Muster Rolls

Jacques (Jacob) NORTIER, een van 3 broers van Picardie, was 'n Franse Hugenoot wat in 1688 met die Oosterland aangekom het. Hy was eers 'n bediende vir Jacques de Savoye, en later 'n landbouer wat getrou het met Margaretha MOUTON op 8 Aug 1717 in Drakenstein. Hy is oorlede op 20 Sep 1732. Hy het 3 seuns en 2 dogters gehad.

1. Jacob ~ 9 Jan 1718
2. Elizabeth ~1720 x 29 Jan 1741 Christiaan Caspari van Lauben
3. Johannes ~ 24 Mei 1722
4. Maria ~ 28 Mei 1724 x Johannes Strydom xx Pieter Labuschagne s/v Jan 5. Stephanus ~ 25 Aug 1726

Jean NORTIER, een van 3 broers van Picardie, was 'n Franse Hugenoot wat in 1688 met die Oosterland aangekom het. Hy was eers 'n bediende vir Jacques de Savoye, maar het gaan boer in 1690 te Fredericksberg, Drakenstein. Van sy moontlike nageslag is ongelukkig niks bekend nie.

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz

  • Hits: 12572

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy