Skip to main content

logo new

Surnames N to Q

NOLTE Andreas

Andreas NOLTE hy was van Magdeburg of Egeln naby Magdeburg. Hy arriveer in 1753 aan die Kaap as "n soldaat, hy was "n saalmaker van 1753 tot 1755. In 1760 vra hy vir "n plot in land van Waveren, die plot se naam was Zevenfontein. Hy trou die 15 Februarie 1761 met Elisabeth JORDAAN, gedoop 2 Julie 1729 dogter van Jan Jordaan en Susanna Jordaan.

Op die Saterdag middag van 5 Desember 1759 het Andries voor op sy huis gesit. Toe kom Jan Jordaan senior wat op die plaas Boontjiesrivier gebly het met sy vlok skape. Nolte vra toe vir Christiaan Smal "n jongman wat hom gehlep het op die plaas om vir Jordaan te help asook sy slaaf Slammat Boegies. Slammat wat in die son gesit het en sy pyp gerook het sê toe vir Nolte "Ik werk altijd, ik moet ook wat rusten, .. wil baas mijn verkoopen, verkoopt mij maar." Andreas Nolte vererg toe hom met die slaaf en gryp "n handvatsel van "n graaf, Slammat trip toe vir Nolte en die slaaf hardloop in die huis in en kom uit met "n mes en die geweer. Nolte het toe gehardloop na sy perd, en toe hy wegjaag sien hy dat sy huis afgebrand word in vlamme.

Nolte is oorlede in 1770.

Bronne:
J Hoge Personalia of the Germans at the Cape
M Cairns & A Boeseken The Secluded Valley Tulbagh: t" Land van Waveren 1700-1804

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

 

 

  • Hits: 10589

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy