Surnames N to Q

Written by Cornel Viljoen on . Posted in N - Q.

NEVELING Johann Dietrich Bernhard

Slegs gebrekkige inligting aangaande Johann Dietrich Bernhard NEVELING en sy familie kon in Duitsland gevind word. Die eerste NEVELING, ene Peter Neveling, is in 1645 gebore en op 24 Junie 1721 oorlede. Hy was "n burger van Wenigernwetter, naby Hagen en suid van Dortmund. Op 17 November 1670 trou hy met Endgen (Aennchen=Anna), die weduwee van Peter Jacobs.

Volgens navorsing deur ene Junker Stael gedoen, het Johann Neveling in "n gehuurde plaaswoning gewoon. Hierdie woning het "n es (vuurherd) en "n eie tuintjie gehad. Peter Neveling was aanvanklik "n skoenmaker en later ook "n kleremaker. Hy het "n koei en "n vark besit, waarvoor hy weiding teen 9 1/2 Rheintaler moes huur. Tydens sy dood het die weduwee Riesen hom 62 Rheintaler geskuld.

Peter en Endgen Neveling het twee seuns gehad, nl:
1. Johan Hendrich NEVELING, gebore ca. 1673. Hy is op 12.11.1710 met Catharina SPIEKERS (d/v Johannes Spiekers van Iangolphsberg) getroud.

2. Johannes NEVELING, gebore 31.12.1676, en oorlede in 1730. Hy was die oupa van die Suid-Afrikaanse Neveling"s. Johannes Neveling is op 12.11.1705 met Anna Margaretha HALBACH getroud. Sy is in Augustus 1682 gebore en op 16.04.1756 oorlede.

Johannes en Anna Neveling het een seun gehad, nl:
Peter Johannes NEVELING, gebore op 25.09.1723, en oorlede op 07.09.1785. Hy is op 02.04.1745 in Luttringhausen met Anna Elisabeth CRASH getroud.

Peter en Anna Neveling se seun was dus die Suid-Afrikaanse stamvader van die familie Neveling.
A Johann Dietrich Bernhard NEVELING *02.04.1764 Niedersalbach, ~1764 Lutherse Kerk in Luttringhausen, oorlede 15.08.1844 Goede Hoop, Humansdorp x Kaapstad 27.03.1790 Helena WEYTZEL *1758, ~04.01.1758 Tulbagh, +15.06.1837 Goede Hoop. Sy was die d/v Christiaan Frederik Weytzel en Barbara VAN DE KAAP.
Johann Neveling arriveer in 1788 in Suid-Afrika. As jong onderwyser het hy hom in Uitenhage gevestig, maar het later sy beroep verlaat en "n boer op die plaas Mistkraal in die Gamtoosrivier-vallei geword.
Hierde grond het hy later vir die familieplaas van die Neveling"s, Goede Hoop ook in die Gamtoosrivier-vallei geleë, verruil.

b1 Anna Elisabeth * 28.12.1790 ~ 09.02.1792 Tulbagh, + (jonk)

b2 Susanna Sophia Wilhelmina Adriana~ 06.09.1794 Tulbagh x Swellendam 05.09.1812 Jacob Frederik KEYSER ~ 05.07.1789 D/v David Keyser en Anna Margaretha Klem van die Kaap

b3 Pieter Johan Jacob * 22.07.1794 ~ 06.09.1795 Kaapstad + 27.05.1872 Goede Hoop x Uitenhage 03.07.1820 Albertha Francina Christina van LOGGERENBERG (Ouma Bartjie) ~ 16.10.1803 Swellendam + 18.04.1894 Goede Hoop D/v Nicolaas van Loggerenberg en Albertha Maria Joubert

b4 Johan Dietrich Bernhard ~ 04.06.1797 Kaapstad + 31.10.1850 x Uitenhage 01.01.1826 Anna Margaretha Susanna SCHRAMNEL + 18.06.1864 D/v Johan Carel Schramnel en Anna Margaretha Susanna Joubert

b5 Anthonie * 1798 ~ 09.03.1801 Swellemdam + 01.07.1856 x Graaff-Reinet 07.09.1823 Carolina Albertina Catharina SCHRAMNEL + 26.12.1872 D/v Johan Carel Schramnel en Anna Margaretha Susanna Joubert

b6 Arnoldus * 1800 ~ 07.04.1801 Swellendam + 01.02.1880 x Uitenhage 04.09.1825 Maria Elisabeth van LOGGERENBERG + 1894 D/v Nicolaas van Loggerenberg en Albertha Maria Joubert

Navorsing deur:
Cornel Viljoen
http://www.geocities.com/Heartland/Valley/7378/index.htm