Skip to main content

logo new

Surnames N to Q

NEL Estienne

Estienne NEL, gebore 1669, van Dauphine was 'n Franse Hugenoot wat in 1693 in Suid-Afrika aangekom het. Hy was eers 'n kompanjie soldaat en later 'n landbouer in Drakenstein. Hy trou in 1700 met Marie-Madeleine (Maria Magdalena) MARAIS. Hy het die volgende plase besit la Dauphine, Franschhoek sedert 1694, Keerweder, Franschhoek sedert 1701; en Orange, Paarl en Bossjesmansfontein, Groot Paardeberg sedert 1714, en Klipfontein buite Malmesbury sedert 1720. Estienne Nel is in 1738 oorlede, en sy enigste seun wat getroud is het, het egter net dogters gehad.

KINDERS

1. Marie Madeleine ~ 21 Jul 1703 x 5 Maart 1719 Francois Louis Migault van Emden
2. Anna ~ 1704 x Andries Grove
3. Etienne ~ 8 Feb 1705
4. Rachel ~ 10 Jul 1707 x Paul Jourdan
5. Jean ~ 8 Nov 1711 burger Stellenbosch x 21 Okt 1731 Sara Coetsee

---ooOoo---

Guillaume NEL, / Neel gebore ongeveer 1663, in Rouen, Normandie. Let wel dat hy nie familie van Estienne Nel nie. Hy was 'n Franse Hugenoot wat in 1688 aan die Kaap aangekom het -- sommige boeke meld dat hulle op De Schelde na die Kaap gekom het, maar die moontlikheid is groter dat hulle as Amsterdammers aan boord van die Amsterdamse Borssenburg as De Schelde van Vlissingen met Vlaminge as passasiers was, saam met sy vrou, Jeanne la BATTE van Saumur. In 1690 het hy finansiƫle hulp ontvang vir homself, sy vrou en 2 kinders ontvang. Teen 1734 was hy en sy familie reeds goed in die Kaapse distrik gevestig. Op 9 November 1690 koop hy van Gerrit Jansz Visser die plaas Blaauwklip, Distrik Stellenbosch Wyk Moddergat aan hom toegeken, en in 1711 is die plaas Bootmans Drift, Drakenstein. Hy het 10 kinders gehad:

1. Dawid gedoop Amsterdam, Nederland 7 Maart 1685 en klein oorlede (Boucher p. 125)
2 . Jean (Jan) *1687 Amsterdam, x Susanna Fourie, Gevestig te Blaawklip en later Rustenburg en Keerweder, Stellenbosch. Heemraad van Stellenbosch in 1722.
3. Jeanne (Johanna) * x 1 Jan 1708 Pieter Peil van Bielefeld xx Barend Pieterse van Wesel
4. Esaias ~ 27 Mei 1691 x 11 Feb 1725 Margaretha Beyers, weduwee van Leendert Oelofse
5. Cornelia x Adriaan van Jaarsveld
6. Willem, burger van Stellenbosch x 12 Jan 1755 Susanna Lombard, weduwee van Jonathan Durand
7. Judith ~ 3 Aug 1698 x Willem Odendaal, van Keulen
8. Elias ~ 28 Jul 1701 burger van Drakenstein x 21 Okt 1731 Anna Coetsee xx 15 Maart 1733 Anna Vivier
9. Adriaan ~ 23 Des 1703, woon te Stellenbosch Feb 1769, x Catharina Appel
10. Pieter Willem x 8 Apr 1725 Aletta van Deventer
11. Hester ~ 1 Aug 1706 x Pieter Venter

Verwysings:
Boucher
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz

Jean le Roux

  • Hits: 16128

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy