Surnames H to J

Written by Stamouers on . Posted in H - J.

JACOBS Pierre


Pierre JACOB van Calais was "n Franse Hugenoot wat in 1688 op De Schelde met sy vrou Suzanne de VOS en 3 kinders, Daniel, Sara en Suzanne in SA aangekom het. Hy het in 1690 finansieele hulp ontvang. Hy was gevestig op De Goede Hoop (1688), Groot Drakenstein, en is oorlede in 1693. Hy het een seun en twee dogters nagelaat ("n paar ander is jonk oorlede in Frankryk).

1. Pierre * 17 Des 1668, doop Guines 20 Des 1668, dood in Frankryk
2. Pierre * 21 Jul 1670, doop Guines 22 Nov 1670, dood in Frankryk
3. Daniel * 21 Jul 1670, doop Guines 22 Nov 1670, dood in Frankryk
4. Suzanne (Susanna) * 9 Sep 1671 Calais x Gerrit van Vuuren eerste eienaar van Bellingham, + omstreeks 1696
5. Daniel * 14 Sep 1673 Calais, boer in Drakenstein, x 1702 Louise Cordier d/v Louis, vestig te Leeuwen Tuin, Wamakersvallei
6. Sara * Calais 7 Okt 1677 x 1692 Daniel Terrier, xx 1700 Jean du Buys.

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz