Skip to main content

logo new

Surnames H to J

HARTOG Abraham

Abraham HARTOG was gebore te Frankfurt aan die Main van Joodse ouers. Hy word op 23 Desember 1678 gedoop en die NG kerk in Kaapstad en word aangeneem. Hy trou 20 Junie 1683 met Maria BELLARDY. Maria Bellardy was die weduwee van Abraham de Lange (Hulle was getroud 28 Mei 1672, maar daar was geen kinders nie). Haar vader was "n ouderling en diaken van die Engelse gemeenskap in die Zeelandse stad, Middelburg, hy was "n Engelse godsdiensvlugteling.

Hy trou die tweede maal 12 Oktober 1704 met Anna Elizabeth HENNING.

Hy trou die derde maal toe hy 80 jaar oud was op 30 April 1724 met Lumke THOOLE. Hierdie laaste huwelik was ontwettig want Thoole was getroud met "n Duitse matroos Thys Geertz. Lunke het as "n vermomde man matroos na die Kaap gekom het die naam Johan Theunis gebruik. Toe sy met Hartog trou gebruik sy die skuilnaam Johanna Theunis SWITTERS. Hulle het een kind gehad Maria Magdalena wat gedoop was 21 Januarie 1725.

KINDERS UIT DIE EERSTE HUWELIK
Johannes gedoop 30 Mei 1684
Maria gedoop 12 Desember 1688
Margaretha X 15 April 1719 Johann Caspar Piek
Paulus, X 30 April 1719 Petronella Phillips {sy was die dogter van Philip van Bouton en Susanna van Boegies, beide vrygelate slawe. Philip was van die Indonesiese eiland van Pulau Butung aan die suidkus van die eiland van Celebes. Susanna het gekom van die eiland Celebes(Sulawesi) en hulle was van die etniese groep bekend as Boegies}

KINDERS UIT DIE TWEEDE HUWELIK
Abraham gedoop 23 Augustus 1705
Antoinetta gedoop 21 Augustus 1707
Martha gedoop 20 Oktober 1709
Judith gedoop 26 April 1711
Anna Dorothea gedoop 28 Mei 1713

KINDERS UIT DIE DERDE HUWELIK
Maria Magdalena gedoop 21 Januarie 1725

INSIG OOR VERMOMING
Vir die vrouens wat hulle vermom het as matrose was dit "n geval van vlegsels afgesny, broek aangetrek, nuwe naam, nuwe lewe. Gewoonnlik op die skip het sy haarself bekend gemaak of iemand het haar ontdek. Daar was altyd die moontlikheid dat sy iemand van haar kinderjare mag ontmoet wat haar geken het. Op die skip was dit dan die plig van die predikant se vrou om haar te ondersoek. Daar was ook altyd die moontlikheid dat as sy siek geword het dat sy dan ontdek was. Die motiewe was baie maal romans, die man van haar lewe sou vir "n baie lang tyd weg wees, en hy weet nie dat sy kom nie. Daar was sommige wat na avontuur gesoek het, of hulle kon met hulle familie baklei het. Hulle kon gewerk het as diensmeisies - soonmakers en bediendes of as voedvrouw, hulle het geen kwalifikasie hiervoor nodig gehad nie.

Die reaksie was dat die gewone persoon het haar geadmireer. Die owerheid het haar verrag, dit was weens Deut 22:5. As dit "n geval van bigamie of lesbian was dat was sy gestraf. Daar was altyd "n groot gelag en nuuskierigheid oor haar. Wanneer sy ontdek was dan was sy van die mansskappe afgesonder en dan was haar geslag bepaal. So ver die wet betref- moes sy voor die Hof verkeer? moes sy geboet word?. Moes sy voor "n burgerlike hof, of militêre hof verskyn want sy het uitgevaar as "n man en soldaat, maar was ontdek as "n vrou.


Bronne:
DP Knoll, WM de Vries en WJ de Wet "Genealogie van "n Familie met Osteogenesis Imperfecta: Die stamregister van Pieter Willem Adriaan Piek" Familia 1988 Vol 25 no 2
Inligiting van Anne Lemkuhl

Saamgestel deur:
Am van Rensburg
Mark Lingenfelder markling@worldonline.co.za


 

  • Hits: 12078

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy