Surnames H to J

Written by Pieter Conradie on . Posted in H - J.

HANEKOM Jurgen

Jurgen HANEKOM is afkomstig van Sulingen (of Rathiosen naby Sulingen) in Duitsland afkomstig. Hy was van 1708 tot 1712 in diens van die Kompanjie en is in 1713 tot korporaal bevorder. Later het hy hom as burger op die plaas, "De Natte Valley” in Drakenstein gevestig. Hy het met die weduwee Johanna VAN DEN BOSCH in die huwelik getree. Sy was voorheen met Johannes BOCKELBERG en Maurits VAN STADEN getroud, maar het albei hierdie mans oorleef.

Vier kinders is uit die huwelik met Jurgen Hanekom gebore:
(1) Sara (*1714), getroud met D. ROSSOUW.
(2) Jan Jurgen (*1716), getroud 27.10.1749 met Engela VAN ES; 3 kinders.
(3) Albert (*1723), getroud 22.6.1747 met Margaretha KRUGER; 7 kinders.
(4) Gesina (*1730), getroud 12.3.1747 met Jurgen SNEL en hertrou 5.11.1750 met Johannes Coenraad DE CRAMER, van Bremen.

In 1729 het Hanekom as sersant van die Drakensteinse Burgermag hom van die openbare lewe onttrek. Sy testament is op 16 Desember 1733 onderteken.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing: