Surnames K to M

Written by Freek Myburgh on . Posted in K - M.

MYBURGH Lambert Lambertz

Lambert Lambertz *c. 1638, was van Leydendorp, Holland, die eerste Meijburg wat aan die Kaap geland het ongeveer 1665 - 1666, met sy vrou Aletta ALBERTZ * c. 1640 van die geskiedkundige stad Purmerend aan die Purmermeer naby Amsterdam, en hulle oudste seun Jan Lambertz Meijburg *c. 1658. Die hawe van waar hulle hulle Vaderland verlaat het was Buicksloot.

Lambert Lambertz Meijburg koop sy huis en tuin in Tafelvalley van Jacob Rosendaal in 1671 (Aantekening in die Akteskantoor in die Kaap oor die transaksie is T128 , 26 Junie 1671 ).

Een van die Myburgh Raadslede besit die Baadjie van Lambert Lambertz wat hy gedra het tydens sy amp as kaptein in diens van die owerheid (Kompanje) asook ook die seëlring, beursies en gordel en skoengespes.

Lambert Lambertz is oorlede vroeg 1673 en sy vrou het dadelik weer in die huwelik getree met Gerrit Janz, haar ongetroude buurman, op die 29 Okt 1673. Volgens navorsing het hulle nie kinders van hulle eie gehad nie.

Jan Lambertz Meijburg *1658 oorlede 19 Aug 1751 x met Anna Maria de Laar van Amsterdam. ( Maria sterf c. 1697) Tussen sy eerste vrou se afsterwe in 1697 en tot en met sy tweede huwelik met Sophia Zank in 1699, was hy op sy eie en alleen, en het hy 'n verhouding aangegaan met Lysbeth van Wyk, van onbekende afkoms, en 'n dogter is uit die verhouding gebore. Die kind was gedoop 2 Maart 1699 en sy was genoem Aeltje.

xx 15 Maart 1699 met Sophia Zank en sy is oorlede 22 Jul 1747. Die Sondagmiddag van 15 Maart 1699 tydens die huwelik in die Grootte Kerk het die Dominie (Ds Petrus Kalden) nie opgedaag nie, en moes die diens deur die sieketrooster, Albert Koopman, waargeneem word. Hy was nie gemagtig om huwelike te voltrek nie en die wewenaar en die bruid moes maar die aand apart deurbring. Maandag kon Jan dit nie meer verduur nie, en het hy Goeweneur Van der Stel gaan spreek. Hy het intussen verneem dat Ds. Kalden en Van der Stel die vorige middag saam in die Kompanjestuin " gediventeer " het. Van der Stel het toe spesiale toestemming gegee dat die trouery kon plaasvind die aand van Dinsdag 17 Maart 1699. En so het dit toe gebeur, maar wat die Maandagaand gebeur het, weet niemand tot vandag toe nie. Ons kon nog sovêr Jan Lambertz se nageslag net opspoor tot by die laaste manlike Johannes Albertus ged. 26 Mei 1754 en hy is deur sy vader Albert Janz onterf in sy testament (No 50 - 20 Des 1778 ) Van Johannes Albertus na sy vader se dood is nog niks verder gevind nie.

Navorsing deur:
Freek Myburgh.