Surnames K to M

MULDER Johannes

Johannes MULDER van Rotterdam was die eerste Landrost van Stellenbosch en sy vrou Jacoba KICHELAAR. Hulle het geen kinders gehad nie. Hulle het "n voog dogter gehad:

Adriana van Jaarsveld was "n minderjarige dogter wat by Mulder ingewoon het. Sy was oorspronklik deur die Weeskamer vir "n tweejaar proefbasis aan die Mulder gesin toegeken. In 1694 was sy 13/14 jaar oud. Sy het twee keer vir Mulder se vrou belei dat sy omgang gehad het met Jan(tje) van Batavia. Ses jaar voorheen was Jantje van Batavia op 22 jarige ouderdom vrygestel, hy was "n slaaf van Hans Ehrentraut, en met Hans se afsterwe is hy toe vrygelaat. Jantje was "n skaapwager vir Johannes Mulder. Jan van Batavia het met Adriana "stoeijen" en haar "op seer onbetamelijcke wijse bij"t lijff te vatten". As "n heiden of moor met "n Christenvrou omgang gehad het moes die doodstraf toeken word.

Uit die verhoor blyk dit dat Adriana se kamer ook "n slaaf en slavin voor haar kooi geslaap het. Jan het Adriana genader en en sy sou vir hom gewys het waar sy slaap en het belowe om "n venster vir hom oop te laat. Hy het haar in die nag besoek en sy het glad geen weerstand gebied nie. Uit die hofverslag blyk dit dat Adriana verwaarloos was deur Mulder en sy vrou.

Jan het ook vir Adriana gesê het dat hy al met die vryburger Diederiks se vrou geslaap het. Toe hulle vir Jantje daaroor uitgevra het in die hof het hy nie dit ontken nie.
Volgens SAG Vol 2, p 81 - Matthias Diedrich was "n burger in 1692 by Stellenbosch. Volgens die opgaafrol van 1692 is hy en Maria WILLEMS die ouers van twee kinders. Daar is dus "n klein moontlikheid dat een van die kinders dalk gevader was deur Jan, of dalk "n latere kind. Natuurlik is dit ook heel moontlik dat daar geen kind uit die geheime verhouding was nie.

Toe die kind gebore was, was die kind blank. Jan was gelukkig want onder gewone omstandighede sou hulle hom op die wiel gebreuk het. Jan Batavia was toe gebrandmerk en na Mauritius gestuur om vir twintig jare in kettings swaar arbeid te doen. Mauritius was in die vroeë 18de eeu deur die VOC opgegee, en dus sou Jan van Batavia nie vir twintig jare op Mauritius gebly het nie.

Bronne:
JL Hattingh "Beleid en Praktyk: Die Doop van Slawekinders en die sluit van Gemengde Verhoudings aan die Kaap voor 1720" Kronos vol 5, 1982
JL Hattingh, "Die Eerste vryswartes van Stellenbosch 1679-1720", Bellville, Instituut vir Historiese Navorsing, Universiteit van Wes-Kaapland, 1981.


Heese en Lombard
J Hoge Personalia of the Germans at the Cape

Saamgestel deur:
AM van Rensburg


Print Email