Surnames K to M

MOUTON Jacques

van Steenwerk naby Ryssel (Lille) was "n Franse Hugenoot wat in 1699 in SA aangekom het op die Donkervliet. Hy was toe "n wewenaar met 3 kinders uit sy tweede huwelik. Sy kinders uit sy eerste huwelik het in Europa gebly. Hy was "n boer in Drakenstein op die plaas Steenwerk, by Vier-en-twintig-riviere (Porterville) sedert 1720. Sy eerste huwelik was met Catherine l"HENRIETTE, by wie hy gehad het Jacob, Antonie en Marie wat in Europa gebly het. Sy tweede huwelik was met Maria de VILLIERS, en sy derde huwelik in 1700 met Francina de BEVERNAGE. Hy sterwe 1731. In SA het hy dus nog 3 seuns en 7 dogters gehad.

1. Jacques (Jacob) in Europa agtergebly
2. Antonie in Europa agtergebly
3. Marie x Pierre le Roy, in Europa agtergebly
4. Marie * 1690 x Franz Jooste van Lippstadt. Op 13 Jan 1714 het sy en haar minnaar die slaaf Titus van Bengale, met die hulp van ene Fortuin, haar man vermoor. Al drie is tereggestel.
5. Madeleine * 1692 x 1709 Abraham de Klerk
6. Marguerite (Margaretha) * 1694 x 1717 Jacques Nortje
7. Abraham, burger Drakenstein, x 1 Feb 1733 Jacoba Keyser
8. Susanna ~ 7 Okt 1703 x Hendrik van Aarde
9. Jacob ~ 25 Apr 1706, burger Drakenstein x 12 Feb 1736 Magdalena Keyser
10. Martha ~ 12 Mei 1709 x Andries Burger xx 12 Sep 1751 Jacob Frederik Zoen van Hamburg
11. Izaak ~ 29 Maart 1700
12. Johanna ~ 17 Des 1713 x Paarl 10 Apr 1729 Georg Frederik Strauss xx 25 Aug 1754 Hendrik Johan Standt van Regensburg
13. Cornelia x 27 Nov 1740 Johan Martin Spangenberg van Sondershausen

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


PrintEmail