Surnames K to M

MOSTERT Jan

Jan MOSTERT van Utrecht, Nederland trou op 20 Maart 1672 met Alida VAN HULST van den Haag. Hy trou die twee keer op 25 Mei 1687 met Elizabeth NUMERS van Deventer in Nederland.

KINDERS
b1 Cornelius gedoop 12 Maart 1673. "tot getuijgen standen Harmen Gresnicht en plaets van Wouter Mostert, en Hester Mostert syn huijsvrouw"
b2 Johanna gedoop 10 Maart 1675, Getuie. Harmen Gresnight en Juffrou Grisella Mostaart. X 17 Jul 1690 Hendrik Venter
b3 Jacob (SAG gee die doop datum as 22 Nov 1678, maar dit is nie in die Kaapse doopboek nie), X 25 Des 1712 Maria Magdalena de Peronne
b4 Maria gedoop 19 Feb 1679 (Getuie Cornelis Mostert en Maria Jansen), X 1704 Adam Leenderts van Nieuwenbroek
b5 Woutrina gedoop 6 Sep 1682 (Getuie Harmen Gresnicht en Juffrou Mostert), X 1 Mei 1701 Johann Lorenz
b6 Ernst gedoop 9 Mei 1688
b7 Ernst gedoop 7 Aug 1689, X 29 Jul 1713 Sophia Cloete
b8 Hester gedoop 8 Okt 1690, X Izak Kaff
b9 Johannes gedoop 23 Maart 1693, X 12 Feb 1719 Hilletje Olivier
b10 Tobias, X 2 Apr 1724 Geertruida Olivier

Daar was ook "n Wouter Mostert en Hester Weyers van Lier, en hulle het "n dogter met die naam Grisella sy was gebore 19 Sept 1661. (Vir meer inligting oor Grisella sien Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap p 482 - 484)

Hulle trou 4 Oktober 1677 Tobias Vlasvath J.M. van Amsterdam, fiscaal deser plaets met Chrisella Mostaert J.D. geboortigh alhier (Die J.M. staan natuurlik vir Jonge Man en die J.D. staan vir Jonge dogter). Hierdie inligting is nie in SAG opgeneem nie!

Tobias Vlasvath en Grysella Mostert. het die volgende kinders gehad volgens die Kaapsedoopboek:

Hendrik gedoop 11 Desember 1678
Tobias gedoop 16 November 1681

Was Maria familie van Jan Mostert? en was Harmen Gresnicht en Maria Mostert man en vrou. Was Cornelis Mostert ook familie gewees?


Bronne:
Heese en Lombard

Nagevors deur:
AM van Rensburg


Print Email