Skip to main content

logo new

Surnames K to M

MOOLMAN Pieter

 

Petrus Meuleman(s) is afkomstig vanaf Bierbeek, België, gebore op 31 Oktober 1715. Hy het in 1743 as soldaat met die skip Zaamslag en in diens van die H O I K in Kaapstad aangekom.
Hy kry sy ontslag op 28 Augustus 1747 op welke datum hy burger in die Kaap word.

Petrus is op 17 November 1748 te Stellenbosch getroud met Catharina Elisabeth Swart. [sy trou Jurgen Linden 3 Nov 1758, Stellenbosch]

Hulle het die volgende kinders gehad:

Johannes Zacharias, gedoop op 9 November 1749, Kaapstad en gesterwe in1806.
Perus Lafras, gedoop op 9 Mei 1751, Kaapstad en gesterwe op 25 November 1800 te Stellenbosch.
Wilhelmina Geertruida, gedoop op 12 November 1752, Kaapstad
Susanna Maria, gedoop op 13 Januarie 1754, Stellenbosch
Catharina Elizabeth, gebore op 6 Augustus 1755, gedoop op 5 Oktober 1755, Stellenbosch en gesterwe op 18 September 1834.

Volgens die “Geslagsregister van Ou Kaapse Families” deur CC de Villiers en C Pama is Pieter Moolman of Meuleman afkomstig van Biervliet in Zeeland. Omdat ek belang gestel het om meer van ons stamvader te wete te kom, het ek ‘n bietjie navorsing laat doen en het dit aan die lig gekom dat gemelde plek van herkoms foutief is.

Ek het eerstens skrywes gedateer 10 April 1974 aan die “Centraal Bureau voor Genealogie” in Den Haag, Nederland en die Rijksarchief, ook in Nederland, gerig om te hoor of hulle sekere gegewens aan my kan gee. Die enigste gegewens wat ek aan die twee instansies gegee het, was die volgende:

“Die stamvader van al die Moolman-families in Suid-Afrika is Pieter Moolman wat vermoedelik vanaf Biervliet, Zeeland, in 1743 hier aangekom het in diens van die Hollandse Oos-Indiese Kompanje. Sover vasgestel kon word, was sy van eintlik Meuleman en het hy die van Moolman eers na sy aankoms hier aangeneem. Indien inligting wat reeds ingewin is, korrek is, bestaan die van Moolman glad nie in Nederland nie.

Pieter Meueleman se benaderde geboortedatum is 1710 tot 1725. Aangesien sy oudste seun Johannes Zacharia heet, sal Pieter Meuleman se vader moontlik ook Johannes Zacharias heet. Dit is verder nie seker of die naam van Pieter Meuleman wel Pieter was nie. Omdat sy tweede seun se naam Petrus Lafras was, was dit seker moontlik dat Pieter se regte naam ook Petrus Lafras kon wees.”

Die Rijksarchief het geantwoord dat ‘n ondersoek deur hulle in “de doop – en trouwboeken van Biervliet geen resultaat heeft opgeleverd”.

Die Centraal Bureau voor Genealogie het ‘n soortgelyke antwoord gegee, maar het bygevoeg dat hulle wel ‘n verdere ondersoek kan onderneem. Die koste daaraan verbonde sou f500 (c. R133) wees en geen resultate kon uit die aard van die saak gewaarborg word nie.

Op 10 November 1974 het ek aan die Centraal Bureau voor Genealogie geskryf met die versoek dat voortgegaan word met die ondersoek. Ek het verdere gegewens gegee onder andere dat dit redelik seker is dat Pieter Meuleman se naam Petrus Lafras Meuleman was en sekere redes hiervoor aagevoer. Die moontlikheid is ook gemeld dat Meuleman slegs ‘n beraming vir die ambag was en dat Lafras of (La Fras) Pieter se van was.Die volgende skrywe gedateer 3 November 1975 is van die Centraal Bureau voor Genealogie ontvang:.

“Zeer geachte heer Moolman,

Ondanks diepgaand onderzoek in alle daarvoor in aanmerking komende archivalia heft ons onderzoek naar Pieter (Lafras) Meuleman tot dusverre geen enkel resultaat opgeleverd.

Vanzelfsprekend werd het onderzoek begonnen in die doop-, trouw- en begraafregisters van Biervliet. Ook die lidmaten-registers van de gereformeerde gemeente en de registers van de weeskamer werden bewerkt. De naam Meuleman (Moleman enz.) bleek aldaar echter in het geheel niet voor te komen.

Een onderzoek in nabij gelegen plaatsen in Zeeuws-Vlaanderen bracht enige gegevens over een familie Mulleman/Meuleman in Schoondijke en Groede aan het licht (zie bijlage). Van een zoon Pieter bleek echter niets, terwijl ook de naam Lafras daar volledig onbekend bleek.

Wij hebben daarna in het Algemeen Rijksarchief alhier voor de zekerheid in het archief van de Verenigde Oostindische Compagnie gezocht. In de landmonsterrol van 1750 wordt onder Kaap de Goede Hoop inderdaad vermeld:

“Pieter Meulman van Biervliet, soldaat, f.9.-.-., schip Zaamslag, 1743, Kamer Zeeland”

Het scheepssoldijboek van de Zaamslag, reis van 1743, is eveneens nog aanwezig (kamer Zeeland, nr.383). Daarin vonden wij:

“Pieter Meulemans, van Bierebeek (!), verburgt f 150.-.-, soldaet; niet vermaekt. (Ontslag) 29 Aug. 1747 dat burger werd”.

Deze inschrijving leverede een nieuw gezichtspunt op. Bierbeek is een dorp in (Belgisch) Brabant en uit de Belgische genealogische literatuur (“Intermêdiaire des Généalogistes, 1968, blz. 164) bleek ons dat daar een familie Meuleman(s) talrijk vertegenwoordigd was. Door een schrijffout van een klerk zal Bierbeek veranderd zijn in het veel bekendere Biervliet.

Wij heben ons daarop in verbinding gesteld met de uitgevers van: “Intermédiaire, de Service de Centralisation des Etudes Génealogiques et Démographiques de Belgique. Wij ontvingen antwoord van de heer A. Cockelberghs, rue Jean van Lierde 76, 1070 Brussel. Hij schrift ons, dat hij bezig is met volledige publicatie over de bevolking van Bierbeek, welke hij eind 1976 hoopt te voltooien. Hij zal ons dan verder inlichten.

Om u niet zo lang te laten wachten trachten wij thans op andere wijze nog nadere gegevens te verkrijgen. Wij houden U van het resultaat daarvan op de hoogte.

Inmiddels is door ons grondig maar helaas vruchteloos onderzoek in Zeeland het door u overgemaakte te bedrag vrijwel verbruikt. Wij blijven echter voor u speuren tot althans enig resultaat is bereikt.

Met vriendelijke groeten,Centraal Bureau voor Genealogie

geteken (W. Wijnaendts van Resandt, directeur).”

Na ‘n verdere verloop van ongeveer 18 maande waar niks meer van die Centraal Bureau voor Genealogie verneem is nie, het ek weereens aan hul geskrywe om te verneem of enige verdere vordering gemaak is en of daar moontlik al besonderhede aan my gestuur kan word. Ek het ook gevra of hulle my kan meedeel of Meneer A. Coekelberghs van België al ‘n publikasie oor die bevolking van Bierbeek voltooi het en of dit verkrygbaar is. Ek het spoedig hul antwoord ontvang waarin ek meegedeel is dat hul wel met Mnr Coekelbergh in verbinding was en dat hul sy antwoord by hul skrywe aan my aangeheg het.

Omdat sy skrywe in Frans was en dus vir my Grieks, het ek by Professor MJH du Plessis (professor in Frans) aan die PU vir CHO aangeklop wat die vertaling vir my gedoen het. Dit lui soos volg:

“Soos ek aan u geskryf het op 6 Sept. 1975, is daar 4 Pieter Meulemans – gevalle/geboortes wat u mag interesseer:

Dope:

  1. 31 Mei 1714. Petrus, seun van Joannis Meulemans en van Joanna Aerts.

Peetvader Petrus Vlockmans, Peetmoeder: Catharina v/d Geten.

  1. 31 Okt. 1715. Petrus, seun van Joannis Meulemans en van Anna de Noville.

Peetvader Petrus Loonbeeck, Peetmoeder: Elizabeth Tilcaerts.

  1. 13 Febr. 1723. Petrus, seun van Laurentius Meulemans en van Martine Pettens

Peetvader Petrus Pettens, Peetmoeder: Anna Verwoest.

  1. 7 Sept. 1731. Petrus, seun van Franciscus Meulemans en van Gertrudis Goulens.

Peetvader Petrus Keij, Peetmoeder: Catharina Meulemans.

In Bierbeek selfs is daar geen huweliksertifikaat van ‘n Pieter Meulemans nie.

Daar is wel twee doodsertifikate:

26 Mei 1733: Petrus Meulemans, kind en

25 Sept. 1748: Petrus Meulemans kind –

Mens kan dus aanvaar dat die 2 Petrus Meulemans, gedoop resp. in 1723 en 1731, oorlede in resp. in 1733 en 1748.

Volgens die Leenboek, waarna ek verwys het in my brief van 1975, kan ek slegs enkele inligting gee betreffende Jan Meulemans, egg. van Joanna Aerts. Hy was heel waarskynlik afkomstig van Rotselaer en 25 jaar oud op 25/1/1723. Op 29/8/1718, noteer ek:

‘… een stuck van 14 daghmaelen ende is daer inne gegoeijdt ende geerft den voors Jan Meulemans soo ten behoeve van Philip Jan Merten Peeter Maria Petronella en lisabeth Meulemans sijne kinderen behouden uijt den schoode van Joanna Aerts …’.

‘n Ander sertifikaat van dieselfde datum meld: ‘Sy seun Merten “ant ontrent sesse Jaeren.” Sy seun Merten is “sterfman” op daardie datum en word “besetman” op 31 Okt. 1753, na die dood van sy vader.

Ek voeg hierby ‘n sertifikaat, uitgegee in 1971, wat die numbering van 1755 herhaal. Dit kan ons geensins help nie. Die vraag bly dus oop: Welke een van die twee Petrus het die diens van die Ver. Oost. Comp. in 1747 aanvaar?

‘n Geskiedenisvereniging en daarby ook ‘n Genealogie-vereniging is verlede jaar in Bierbeek gestig. ‘n Paar lede het onderneem om, volgens my gegewens, die gemeenteregisters van Bierbeek oor te tik. Vervolgens sal daar ‘n baie volledige onomastiese tabel opgestel word. Dit sal ook die name van peetvaders en –moeders bevat. Daar sal dus ‘n sekere uitruil van informasie kan plaasvind tussen soortgelyke verenigings in die omgewing. Miskien sal ons een dag, deur eliminering, kan vasstel wie die Petrus Meuleman soldaat geword het.

Ek sal natuurlik onderneem om u op hoogte te hou van my eventuele bevindings en/of ontdekkings.

Ontvang my beste wense.

Get. A. Coekelberghs”

Na baie jare se verdere kopkrap en korrespondensie in Suid-Afrika en oorsee het ek onder andere die volgende dokumentasie van die Petrus gebore 1714 van Dr Herman Van Isterdael van die Rijksarchief Leuven ontvang:

Petrus gebore en gedoop op 31 Mei 1714 was die vyfde kind van Joannis Meulemans en Joanna Aerts. Hul sesde kind is ook Petrus, gebore en gedoop op 7 April 1716. Hierdie sesde kind is op dieselfde dag van 7 April 1716 oorlede.

Dr Van Isterdael het verder verduidelik dat die gee van identiese name vir kinders in uitsonderlike gevalle wel voorgekom het, maar meestal gebeur het wanneer die eerste kind met die naam oorlede is en die volgende kind dan dieselfde naam ontvang het.

Drie van die vier moontlike Petrus Meulemans kon dus geëlimineer word wat ons dan laat met die enigste moontlike stamvader, gedoop op 31 Oktober 1715.

Om seker te maak, het ek vir Cornay Koller, wat in Nederland woon en in die verlede waardevolle navorsing vir my gedoen, gekontak en gevra of hy saamstem dat die stamvader nou geïdentifiseer is. Hy het geantwoord dat hy nog steeds geen ander konklusie kan trek nie.

Ek het ook reeds die volgende besonderhede van ons stamvader se ouers gehad en Corne Kellerman in Nederland versoek om ‘n koppeling te probeer maak.

“Die ouers van Petrus Meuleman,stamvader, is Joannis Meulemans en Anna Denonville. Hulle was getroud te Bierbeek op 7 Februarie 1708. Petrus is gebore op 30 0ktober en gedoop 31 Oktober 1715 Anna is gebore ca 1680 te Bierbeek en het gesterf op 12Junie 1753.

Ek het verder verneem dat daar ‘n navorsingsgroep in Nederand is wat besig om die volledige geslagregister van die Meulemans op te stel, beginnende by die eerste Peeter Meuleman van 1490 en wat verder strek tot by die huidige geslag in Nederland. Dit het my baie opgewonde gemaak, want as ek ‘n koppeling met ons stamvader kan vind, sal ons die Moolman stamlyn kan deurtrek tot by 1490. 

  • Hits: 17294

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy