Skip to main content

logo new

Surnames K to M

MINNAAR Jean

Jean MINNAAR

Jean MINNAAR (MESNARD), gebore omstreeks 1659, van Saint-Martin de la Brasque, Provence. Hy het eers in Den Haag gaan woon. Hy was "n Franse Hugenoot wat in 1688 met die Berg China aangekom het met sy vrou Louise CORBONNE en 6 kinders, en hom te Paarl gevestig. Jean sterwe voor 19 Mei 1692. Vyf kinders sterf egter jonk. Die moeder sterwe binne twee jare nadat hulle by die Kaap aangekom het. Slegs Phillipe het getrou en kinders nagelaat:

1. Jeanne * 1678
2. George * 1679
3. Jacques * 1680
4. Jean * 1681
5. Phillipe * 1682 Provence x 7 Mei 1712 met Jeanne Mouy d/v Pierre Mouy en weduwee van Jean le Roux. Vestig te Wagenmakersvallei.
6. Andre * 1687

Nadat beide ouers oorlede is het net die 10 jarige Philippe nog voortgeleef.

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz

 


  • Hits: 10913

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy