Surnames K to M

Written by AM van Rensburg on . Posted in K - M.

MEYER Gerrit Heinrich

Gerrit Heinrich MEYER kom voor 1692 by die Kaap aan. Hy word 'n vryburgher in 1692 en hy trou om en by 1693 met Suzanne COSTEUX. Sy was die dogter van Esaias Costeux en Susanne Albert.

In die boek "Die Kaapse Hugenote" word die volgende inligting verskaf oor die Costeux, of Caucheteux familie:
Hierdie familie het van Marcq (Marck) naby Calais gekom, en hul name kom voor in die Registers van die Protestantse kerk te Guînes. Op 13 November 1672 is Esaye Caucheteux, 'n werksman, oud 25 jaar, seun van wyle Anthoine Caucheteux en wyle Elizabeth Clinquemeur (sy is te Marcq oorlede op 14 Junie 1672 was toe 69 jaar oud) getroud met Suzanne Albert, oud 22 jaar, dogter van Pitre Albert en wyle Noelle de Bus.

Ons vind die volgende doopinskrywings van hul kinders:

Esaye Caucheteux, gebore 23 September 1673 te Fort Brulé (peetouers Isaac Carpenter en Sara Albert);
76 Die Kaapse Hugenote
Susanne Caucheteux, gebore 18 Oktober 1676 te Marcq;
Pierre Caucheteux, gebore 21 Mei 1679 te Marcq;
Jean en Marie Caucheteux, tweeling, gebore 7 Desember 1682 te Marcq (Marie is jong oorlede).
*Costeux, Esaias, Jean, Susanne,
Kinders van Esaias Costeux en Susanne Albert, Franse Vlugtelinge van Marcq, naby Calais. Op die 1690-lys staan Esaias en Susanne aangeteken as twee wese nou woonagtig by Nicolaas Kleef. Esaias het landbouer in die Stellenbosse distrik geword en is in 1708 oorlede. Hy het 'n weduwee Anna van Marseveen (van Marcevene) nagelaat, maar geen kinders nie. Sy broer en suster was sy erfgename in 1709 Sy weduwee is weer getroud en wel met Abraham Prêvot van Calais, q.v. Susanne Costeux getroud (voor 1694) met Gerrit Meyer (waarskynlik 'n Hugenoot), is omstreeks 1714 oorlede. Jean, soos bogenoemdes, is in of by Calais gebore in 1682. Hy is te Kaapstad getroud op 22 Mei 1712 met Arma Gildenhuys van die Kaap in 1699 gebore. Hy is in Junie 1713 begrawe in die kerkhof te Kaapstad. Hy teken sy naam: „Costeux".

In 1703 en 1704 word Meyer toegelaat om brandewyn te verkoop.

Kinders:
b1 Hendrik gedoop 12 Sep 1694
b2 Susanna Margaretha gebore 1695, X 27 Apr 1721 Jan Meyndertse Cruywagen
b3 Elsabe gedoop 31 Maart 1697, X 11 Okt 1711 Hendrik Gildenhuizen
b4 Jesaias Engelbrecht gebore 30 Nov 1699, X 6 Sep 1733 Maria de Bruyn
b5 Jan Abraham gebore 1705, gedoop 18 Des 1707, X 21 Okt 1731 Margaretha Botha


Bronne:
Heese en Lombard
Die Kaapse Hugenote

Saamgestel deur:
AM van Rensburg