Surnames K to M

MEYER Pierre

Pierre Meyer, van Wyborgh, Dauphine gebore 1668 was 'n Franse Hugenoot wat in 1688 in SA aangekom het op die skip Borssenburg. Hy is getroud in 1705 met Aletta de SAVOYE, dogter van Jacques, en was een van die eerste diakens van die Franse gemeente. Hy het hom gevestig in 1690 op Nieuwendorp, Groot Drakenstein. Hy het 3 seuns en 4 dogters gehad.

1. Jacques gebore c 1706, x 14 Jul 1737 Sophia Tauken
2. Pierre (Pieter) jonk oorlede c 1708
3. Suzanna gebore c 1710 x Johannes van Baarsenburg van Maastricht xx Jacobus van der Spuy
4. Maria Magdalena gebore c 1714 x 25 Feb 1742 Adriaan Deneys
5. Maria Isabella ~ 18 Nov 1714 x Pieter Haksteen van Amsterdam
6. Sebastiaan Philippus ~ 31 Mei 1716
7. Catharina ~ 6 Maart 1718 x Jan Coenraad Warnecke

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)

Print Email