Surnames K to M

Written by Stamouers on . Posted in K - M.

MARX Dirk

Dirk MARX was afkomstig van Holzweiler, Duitsland. Hy was "n soldaat van 1725 tot 1731.

Hy koop die plaas Hagelkraal en Ruiterskraal in Mosselbaai se wereld.

Thunberg, Sparrman, Swellengrebel en van Plettenberg het hom besoek

Ryk van Tulbagh het vir Dirk Marx gevra om na "n skeepswrak te soek. Niks was gevind nie, maar latere jare het Andreas Sparrman geskrywe dat hy gehoor het dat "n Engelse skip met die naam Doddington vergaan het in Julie/Augustus 1755 naby Algoabaai.

Prof. FW. Marx se navorsing dui aan dat hy as Joannes Theodorus Marx gedoop was op 8 Oktober 1703 in die Katoliekekerk in Holtzweiler. Sy vader was Gerhart Marx, en sy moeder was Sybilla.

Sy metgesel was Dorothea Maria BECKER, sy was die dogter van Peter Becker. Hulle het ses kinders gehad

Die eerste twee kinders se doopinskrywing het die woordjie `onecht" langs hulle name

KINDERS
b1 Theodorus Engelbertus, gedoop 8 Jan 1741, hy sterwe toe hy omtrent 22 jaar oud was
b2 Johanna Sibilla, gedoop 4 Aug 1743, X 8 Maart 1761 Daniel Pienaar
b3 Dorothea Maria, gedoop 3 Apr 1746, X 21 Okt 1764 Thomas Ignatius Ferreira
b4 Johannes Petrus, gedoop 31 Maart 1748, X 22 Jul 1770 Martha Maria Haarhof
b5 Johannes, gedoop 21 Maart 1751, X 3 Apr 1779 Hester Helena Smit
b6 Hester, gedoop 28 Okt 1753, X Stephanus Jesaias Terblans, XX Paarl 13 Mei 1798 Johann VON LINDENBAUM van Molsheim in Elsas.

Bronne:
de Villiers/Pama
FW Marx, Stamvader Dirk Marx
Hoge Personalia of the Germans at the Cape