Skip to main content

logo new

Surnames K to M

MALAN Jacques

Jacque MALAN, gebore 1665, was 'n Franse Hugenoot van Saint-Martin-de-la-Brasque, wat in 1688 op die skip Berg China in SA aangekom het. In 1699 is hy getroud met Elizabeth (Isabeau) le LONG, weduwee van Jean Jourdan. Hy het eers in Hottentots Holland gewoon, en was lid van die kollege van landdros en heemrade van Stellenbosch. Toe Elizabeth in oorlede is in 1736, het hulle die plaas De Faisante Kraal aan die Bot rivier en "n ander in Hottentots Holland besit. Hy het ook vanaf 1694 die bekende plaas Bo-La Motte in Franschoek besit, wat sy eiendom geword het in 1714 en hy weer verkoop het in 1719, as ook Languedoc, Rhone (1702) en Morgenster (1711) in Somerset-wes, een van die 4 gedeeltes van Adriaan van der Stel se plaas Wegelegen. Hy is oorlede omstreeks 1742 en het 7 kinders gehad:

1. Jacobus * 2 Jul 1700 jonk dood
2. Elizabeth Anna * 30 Nov 1701 x Hermanus Kriel van Hanau xx 5 Des 1745 Johann Caspar Schlee van Schlieben
3. Daniel * 11 Sep 1703, lid van die Kerkraad, 1737 heemraad van Stellenbosch + 25 Jan 1770 x 8 Aug 1724 Maria Verdeau weduwee van Pieter Jordaan (sy tante) xx 13 Des 1750 Emmerentia Steyn weduwee van Arnoud Schephaut van Hattingen
4. Maria * 6 Apr 1705 x 30 Apr 1724 Adriaan Louw
5. Catharina * 20 Maart 1707
6. David * 19 Jul 1708 + 1792 x 17 Apr 1735 Eleonora Melius xx 22 Nov 1750 Elisabeth Marais
7. Jacob * 8 Nov 1710 jonk dood

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz


Additional data:
Mike Ducray

Elisabeth Malan died on 8 February 1767 at Drakenstein (presumably on her farm Paarl Diamant) according to the death register. 
https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSVH-99JK-8 (4th entry from the bottom)

 

 

  • Hits: 11915

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy