Surnames K to M

Written by AM van Rensburg on . Posted in K - M.

LOOCK Johann Christiaan

Johann Christiaan LOOCK was gebore c 2 Junie 1750. Hy land by die Kaap as "n soldaat op die skip Catwyk aan Rhyn. Van 177 tto 1783 was hy "n wadrywer, en ook superintendent van die wagpos by Klapmuts. Later word hy "n wynboer op die plaas Remhoogte. Hy trou in Kaapstad op die 15 September 1782 met Christina Wilhelmina NEL. Hy trou die tweede keer 7 Augustus 1821 met Adriana VAN DEN BURGH (weduwee van Georg Philip Wiehahn).

KINDERS
b1 Johanna Christina gedoop in die Lutherse Kerk Maart 1782, X 8 Jan 1804 Hendrik Arnoldus Louw
b2 Catharina Wilhelmina gedoop 14 Sep 1783, sterf 28 Des 1789
b3 Johan Lodewyk gedoop 9 Okt 1785, X 14 Jun 1807 Catharina Petronella Lingenvelder
b4 Anna Catharina gebore c 1786, X Stellenbosch 6 Jan 1810 Jan Minnaar
b5 Johan Heinrich gedoop 9 Nov 1788, X Nel
b6 Gottlieb Daniel Heinrich gedoop 8 Aug 1790, X 8 Maart 1818 Johanna Elizabeth Lourens, XX 4 Nov 1850 Martha Susanna Wessels

Bronne:
SAG Vol 5

Bydrae:
AM van Rensburg

Navorsing: