Skip to main content

logo new

Surnames K to M

LIEBENBERG Christian

Christian LIEBENBERG, het van Münchenberg, Duitsland, met die Vryburg in 1715 as soldaat in diens van die H.O.I.K. na Suid-Afrika gekom. Kort na sy aankoms was hy as boerkneg deur die Kompanjie uitgeleen. In 1725 het hy burger geword en op sy eie gaan boer. Sy plaas was op die uiterste noordepunt van die bewoonde gebied van die Kaap geleë. Tweemaal elke jaar het hy na die Kaap gereis om sy produkte te verkoop; op een van die reise het hy met die Duitse skrywer Otto Friedrich Mentzel bevriend geraak, en laasgenoemde ‘n goeie insig gegee van die leefwyse destyds aan die Kaap.

Op 11 Mel 1727 het hy in die huwelik getree met Catharina LÜBBE. Hul huwelik was met sewe kinders geseën:

b1 Christian (1728), burger te Stellenbosch, getroud 10.10.1751 met Anna Maria OPPERMAN; 11 kinders.
b2 Bernhardus (1731), burger te Stellenbosch, getroud 25.11.1759 met Elisabeth BOCKELENBERG; 5 kinders.
b3 Jacobus (1733), burger te Stellenbosch, getroud 5.12.1773 met Maria Magdalene MYBURG; 1 seun.
b4 Johannes (1735), burger te Stellenbosch, getroud 1754 met Elsie BURGER; 5 kinders.
b5 Catharina Jacoba (1738), getroud 14.10.1759 met Jurgen TILHEIM van Königs-berg, hertroud met Willem BURGER.
b6 Hendrik Falentyn (1742).
b7 Frederik (1747), burger te Stellenbosch, getroud 11.4.1773 met Martha Barbara BURGER; 8 dogters.

Die stamvader is 26 Sep1763 oorlede in Land van Waveren.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing:

 

 



 

  • Hits: 14085

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy