Surnames K to M

LEKKERWYN Arie

Die familienaam Lecrivent verskyn in al die belangrikste plaaslike genealogieë. Was daar ooit so ‘n van?

 

Arie (ook Arij of Ary) Lekkerwyn (ook Lekkerwijn. Leckerwyn of Leckerwijn) se naam verskyn vir die eerste keer in die opgaafrolle [1] aan die Kaap in 1686. In 1692 verskyn sy naam as Arij Dirksz Lekkerwijn [2] saam met sy vrou Maria Lanoy (of Marie de Lanoy v.Aulis in Frankryk [3]) en een kind. Hulle is dus ongeveer in 1690 getroud., maar hul huweliksinskrywing is nog nie opgespoor nie.

Op 25 10 1690 is die plaas "Lekkerwijn" in Drakenstein (waar hy toe al ‘n jaar lank bewoon en bewerk het) [J183] aan hom, “Arie Lekkerwijn van Boskop” (nie “Boshof” soos elders [4] aangegee nie) toegeken [5]. (Was dit sy eie grappie teen homself? Dit het nie dikwels gebeur dat ‘n plaas na die eienaar vernoem is nie. Eerder die omgekeerde gebeur -- as bynaam!)

 

Op 30.10.1692 huur hy as “vrijborger an Drakenstein” ‘n soldaat van die ” E Comp.” as boukneg. Die huurkontrak [6] word met ‘n kruisie as “de handtekening van Arie Dirksz Lekkerwyn” onderteken. Hy was dus ongeletterd.

 

Arie met sy kneg(te) boer vooruit en 1692 besit hy 250 skape en 10 beeste en het hy reeds 6 000 wingerdstokke geplant [j183]. Hy moes dus lekker wyngemaak het al weet ons nie of dit lekker wyn was nie.

 

In 1693 het hy en sy vrou al 2 kinders en in 1695 3 kinders [8]. Waar hierdie kinders gedoop is, kon nie opgespoor word nie. Hulle doop daarna egter nog twee kinders: Nicolas (Nicolaas/Claas) op 18 06 1696 en Harijs (Arie) op 15 12.1697 [9][10] (foutief in [12] & [15].

 

In Januarie 1696 dagvaar hy sy buurman, Hans Silverbag/Silverbach [ ] “om betalingh van 4 gulden en enige spijkeren”. [ ].

 

Die lewe van hierdie gesin is wreed versteur want op 29.08.1697 word Hans Silverbag, sy buurman [5] “wegens begane manslag aan der wijlen Arij Leckerwijn” verban en tot die dood veroordeel [12]. Aangesien die moordenaar gevlug het, is die aanleiding tot die moord blykbaar nie uitgepluis nie. Dit kon darem seker nie net die paar gulden en spykers gewees het nie!

 

Die weduwee hertrou later op 19.01.698 met Hans Heinrich Hattingh en word die stammoeder van daardie familie.

 

Op een of ander manier (moontlik via Theal se redigering van C C de Villiers se notas) [13] het sy van as "Lecrivent" gekanoniseer geraak, soveel so dat hy deur sommige selfs as Hugenoot beskou word.[??} De Villiers en Pama [3] meld wel dat “Ary Lecrivent waarsk. v. Nederland" kom maar Malherbe [14] meen hy kom uit Frankryk. SAG [15] voeg slegs ('Lekkerwyn') by – in hakies en aanhalingstekens.

 

Daarenteen word in W Hattingh se artikel [12] waarna SAG verwys, konsekwent net die vorm "Lekkerwyn" aangegee. Benewens Hatting se verwysings kom die naam "Lekkerwijn/Lekkerwyn", ook vir die nageslag, in talle primêre bronne voor soos hieronder sal blyk.

 

Die "Franse" vorm kom, sover bekend, slegs voor in die Drakensteinse doopregister "Harijs Leccriuent" en "Harijs Lekeruain", volgens Theal [9] of "Harijs Lecrivent" en "Harijs Lekervain" (sic) ,volgens Graham Botha [10].

 

Paul Roux is natuurlik berug vir die "Franse" spellings van name wat hy ontwerp het vir hierdie doopregister, soos "Wellem Escalk" vir Willem Schalk (v d Merwe], "Christoffle Senaymant" vir Christoffel Snijman, "Extreux" vir Esterhuijzen, ens.

 

As ‘n mens dus die bekende tydgenootlike gegewens ontleed, blyk dit dat die enigste getuienis vir die “Franse” vorm is dat hy met ‘n Franse vrou getroud was en Paul Roux se kreatiewe doopinskrywings. Selfs lg. getuienis is wankelrig, aangesien Botha dit ook lees as “Lekervain” benewens die gekanoniseerde “Lecrivent”.Die bekende Franse van Lecrivain (l’écrivain=die skrywer) is egter deur niemand oorweeg nie.

 

Daarenteen is daar die volgende gegewens ter ondersteuning van die “Nederlandse” vorm:

 

1. Volgens sy grondbrief kom hy van Boskop [5], moontlik Boskoop in Nederland.

2. Die vorm Arij Dirksz (Dirx) Lekkerwijn, wat meermale gevind word, is die tipiese Nederlandse konstruksie van Voornaam+Patroniem+Familienaam, (‘n vorm vreemd aan die Franse].

3. Arie se naam díe van sy pa en seuns is tipies Nederlandse voorname. Selfs Paul Roux skryf sy voornaam as “Harijs”; Roux sou darem seker die voor-die-hand-liggende, baie bekende Franse naam, Henri, (uitgespreek Añrie] kon spel!)

4. Die “Nederlandse” vorm van die van kom herhaaldelik voor in verskillende bronne en sonder uitsondering vir Arie se nageslag wat hieronder behandel word.

 

Tensy daar dus nuwe getuienis ten gunste van die “Franse” vorm in tydgenootlike dokumente te voorskyn kom, moet ‘n mens dus Arie Lekkerwyn (met “Nederlandse” variante) as die korrekte aanvaar.

 

Selfs al sou Arie se herkoms as Frans bewys kon word, toon 18de eeuse dokumentasie dat sy van heeltemal vernederlands het, soos Gouws, Pienaar en Minnaar

 

Ons kan rekenskap gee van vier van Arie Lekkerwyn en Marie de Lanoy se kinders, by name: Dirk, Matthys, Nicolaas en Arie. As daaar ‘n vyfde kind was, is hy/sy voor 1796 gebore.

(Nota: In die volgende gee ons die genealogiese nommers aan volgens SAG, behalwe vir die familie Lekkerwyn, waar na die onderstande hersiene genealogie verwys word.)

 

Dirk (b1) (genoem deur Hoge [ ] genoem word maar, eienaardig genoeg, in later genealogieë afwesig), is vernoem na sy oupa, en dus waarskynlik die oudste, gebore omstreeks 1690. Hy was waarskynlik ongetroud want hy tree verskyn as enigste getuie op by die doop van sy broerskind Adriaan (b4c2) op 15.11.1739 en verder benoem laat hy al sy besittings na aan die kinders van sy “broeders Arij en Claas Leckerwijn” in sy testament [16] van 25.08.1745. Hy ondeteken met ‘n kruisie [ cj 2657 82 p 315] en was dus, soos sy pa, ongeletterd. Hy is ongeveer 1748 oorlede; in sy boedelrekeninge [17] van 31.01.1750 verskyn die name van Arie se seuns Ariaan en Diederik sowel as Nicolaas se kinders Adriaan, Johanna Margaretha en Susanna (+ 1747), almal met die van Leckerwijn.

 

Matthys is waarskynlik omstreeks 1692 gebore en het as Matthijs Lekkereweij op 7.04.1715 ‘n (buite-egtelike?) kind, Jacob, by Maria van de Kaap laat doop [18].

Nicolaas en Arie jnr. se nageslag en eggenotes word aangegee deur Hattingh [12].
Soos hul pa, het hierdie twee jongste broers ‘n tragiese geskiedenis gehad.

 

Volgens Hattingh [12] is Nicolaas en sy vrou reeds oorlede in 1747 voordat hul laaste dogter gedoop is.

 

Van Nicolaas se kinders, verneem ons weer van sy dogter Johanna Margaretha, wat getroud was met Frans Hendrik Campher (b1c4) en Jan Christoffel Esterhuysen/huizen (b3c2). Sy oorleef lg. tot minstens 1832 in ‘n oudedom van 89 jaar.

 

Arie jnr. se tragedie was: Hy was ook ongeletterd volgens die “merk van Adriaan Lekkerewijn” in 1732, saam met ander vooraanstaande burgers, as vrywilliger on die Stellenbosse begraafplaas netjies te hou [18]. Hy verkry ‘n weilisensies [19] en maak waarskynlik so kennis met die Theunis van Schalkwyk, sy vrou Maria Slabbert.en hul kinders Dirk, Gerrit, Gysbert, Huibrecht en Catrijn in die Swartland [19].
In ‘n testament van 28.7.1764 [21] (sy broerskind, Adriaan (b4c1), is waarskynlik toe al oorlede omdat daar geen melding van hulle is nie) bemaak hy omtrent al sy besittings aan die hierdie gesin omdat hulle beloof het om hom vir die res van sy lewe op te pas. Iets moet verkeerd geloop het want op 29.6.1765, enkele dae voor sy dood stel hy ‘n nuwe testament op waarin hy uitdruklik meld dat hy “geene ouders nog kinderen in’t leven” het nie en benoem sy stiefsuster Margaretha Hatting (b2) en haar man Johannes Groenewald (b2) as enigste erfgename [22].

 

Hy is as burger van Stellenbosch oorlede op 17.7.1765.[23]

 

Ten spyte van die feit dat Arie Lekkerwyn, die stamvader 7 (binne-egtelike) kleinseuns gehad het sy familienaam het uitgesterf in ‘n reeks tragiese gebeurtenisse,.

 

Al het die van uitgesterf, bruis die Lekkerwyn-bloed nog altyd vrolik-tintelend in die are van die talryke nageslag van Johanna Margaretha Lekkerwyn en haar eerste man, Frans Hendrik Campher (b1c4].

 

Die opgedateerde Lekkerwyn-genealogie:

 

Arie (Arij Ary) Lekkerwyn (Lekkerwijn, Leckerwyn, Leckerwijn) van Boskop, Nederland, boer van “Lekkerwyn”, vryburger van Drakenstein +29.12.1697 (vermoor) s.v. Dirk Lekkerwyn.
xca1690 Marquence (Marie, Maria) de Lanoy (la Noy, Lanoy) van Aulis in Frankryk, d.v. Nicolas de Lanoy en Marguerite de France. Sy xx Hans Heinrich Hattingh van Speyer
b1 Dirk *ca.1691 +ca.1748, waarsk. ongetroud
b2 Matthys *ca.1692, buite-egtelike kind met Maria van die Kaap
c1 Jacob ~07.04.1715 Kaapstad
b3?? kind *ca.1694
b4 Nicolaas (Nicolas, Claas) ~18-06-1696 Drakenstein, +<1747
x15.11.1739 Anna Elizabeth Gerrits + <1747 wed. van Hendrik Weyers.
c1 Cornelis `04.09.1735 Kaapstad +<1747
c2 Adriaan ~15.11.1739 Stellenbosch + waarsk. <1764
c3 Johanna Margaretha ~17.11.1743 Paarl + >1832
x 01.04.1764 b1c4 Frans Hendrik Campher
xx04.05.1785 b3c2 Jan Christoffel Esterhuizen +1832
c4 Susanna ~01.04.1747 +1747
b5 Arie (Ary, Adriaan Arian) ~15.12.1697 Drakenstein, burger van Stellenbosch +17.07.1765
x17.04.1729 Maria van Nieuwenbroek +<1764
c1 Adriaan ~16.04.1730 +1748-1765
c2 Adam ~29.07.1731 +<1748
c3 Johannes ~11.01.1733 +<1748
c4 Adam Leendert ~29.06.1738 +<1748
c5 Diederik ~18.12.1740 +1748-1765

 


Verwysings:

 

(1) Kaapse Argiefbewaarplek (KAB), VC 39 p. 71 opgaaf ary 1686
(2) (KAB), VC 39 p. 119. opgaaf ary d 1692
(3) C C de Villiers & C Pama (1966] “Geslagsregisters van die Ou Kaapse Families” Kaapstad. marie v aulis
(4) Leonard Guelke, (1987] Kaart: “Southwestern Cape Colony 1657-1750 Freehold Land Grants”, University of Waterloo.
(5) OSF 1 p.266
(6) KAB C.J. 2870 p.6 grondbrief
(7) 1/STB 5/1 dagvaar Silverbag
(8) VC 183 opgaaf 1692
(9) VC 39 opgaaf 1693
(10) George Mc Call Theal (1888) “History of South Africa (1691-1795) Swan Sonnenschein,London doopreg
(11) Colin Graham Botha (1919] “The French Refugees at the Cape, Cape Times Ltd. Cape Town doopreg
(12) C.J. 3 28.7.1697 p. 26 hofsaak
(13) W Hattingh (1978) "Familia” 15:1 p. 21.
(14) C C de Villiers (1893-5) “Geslacht-register der Oude Kaapsche Familiën” Kaapstad.
(15) D F du T Malherbe (1966) “Stamregister van die Suid-Afrikaanse Volk” Stellenbosch.
(16) “Suid_Afrikaanse Genealogieë” (1999) Vol 5, Stellenbosch.
(17) KAB C.J. 2657 82 &. MOOC 7/1/10 7. dirk testament
(18) KAB MOOC 13/1/59 3&13 dirk boedelrekening
(19) Ockert & Sasa Malan (2000), “Capensis” 2/2000 pp. 23-25.
(20) KAB RLR 9/3 p.577 & RLR 10/1 p.. 88 weilisensies
(21) Ockert Malan (2003) “Die Van Schalkwyk van die Nieuweveld”, Hersiene Uitgawe, p. 3, Privaat Stellenbosch theunis v sch
(22) C.J. 2667 24 en testament arie
(23) 1/STB 18/14 53 en MOOC 7/1/16 35 2de test arie
(24) KAB MOOC 6/1 Vol1 p. 35 dood Arien Leckerwijn
(25) Kerkargief G1, 8/2 p.5 doderegister
(26) J Hoge (1958) ”Bydraes tot die Genealogie van Afrikaanse Families” Balkena, Amsterdam
(27) MOOC 13/1/3 88

-------

Die artikel verskyn in CAPENSIS, as Die Genealogie van ‘n Voorheen Onderdrukte Van of PSS (Previously Suppressed Surname), deur Ockert en Sasa Malan, Stellenbosch. 
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 

PrintEmail