Surnames K to M

LATEGAN Johann Herman

Johann Herman LATEGAN hy was van Billmerich in Wesfale. Hy kom by die Kaap aan in 1735 op die skip Padmos. In 1743 word hy "n burger. Hy trou te Paarl met Beatrix OLIVIER op 15 Julie 1742. Sy was die negende kind van Jan Olivier en Helena Burger.

Hy kry die volgende plase: Hy koop die plaas Krakeelhoek op 6 Desmeber 1743 en verander die plaas se naam na Wel van Pas. Die plaas Doolhof word sy besitting op 22 November 1765. Op 1 Julie 1774 kry hy die plaas Nabygelegen. Al hierdie plase is geleë in Bovlei, Drakenstein.

Lategan is omtrent c 1776 oorlede.

Hulle het nege kinders gehad:
b1 Jan Hendrik gedoop 12 Sep 1745, X 11 Apr 1771 Maria Margaretha Louw
b2 Beatrix gedoop 10 Des 1747, X 22 Sep 1765 Hendrik Greeff
b3 Willem gedoop 16 Aug 1750
b4 Anna gedoop 2 Apr 1752, X 6 Jan 1771 Hendrik van Heerden, XX 15 Sep 1776 Benjamin Godlieb Weigt
b5 Willem gedoop 28 Okt 1753, X 21 Jul 1779 Wilhemina Josina Smalberger
b6 Helena Geertruy, X 5 Feb 1764 Stephanus Fourie
b7 Andries gedoop 28 Feb 1756, X 18 Feb 1781 Maria Susanna Coetzer
b8 Martha gedoop 15 Okt 1758, X 1 Jun 1776 Hendrik Willem Roets, XX 27 Jul 1800 Daniel de Waal
b9 Pieter Hermanus gedoop 4 Jul 1762

Bronne:
Heese en Lombard
Hoge Personalia of the Germans at the Cape
JG le Roux en WG le Roux Bovlei in Ons Drakensteinse Erfgrond

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

PrintEmail