Surnames K to M

LANGEVELD Jacobus

Jacobus LANGEVELD Ons is nie seker wie sy ouers was nie, heel moontlik was hy die seun van Pieter Pietersz en Cornelia Jacobs. Hy was gebore c1722. Hy het "n suster Maria Langeveld gehad wat met Adolph Jonker getroud was.

Jacobus Langeveld trou in Kaapstad op 29 November 1744 met Barendina VAN GRAAN van de Kaap. Barendina was gedoop 10 June 1725. Sy was die dogter van Otto Ernst van GRAAN en Rebekka van de KAAP (haar ouers was slawe Moses van Macasser en Sara van Macasser,)

Langeveld trou die tweede keer met Helena Rebekka SCHOTT van de Kaap in Kaapstad op 19 Oktober 1755, haar ouers was Robert Schot van Bengale en Lena van de Kaap. Robert Schott word ook genoem as "van Batavia" en was blykbaar "n ryk vryswarte. In Augustus 1731 het Anna Maria Brits weduwee van Germanus Gerrits van Oldenburg, haar slaaf Carel van Batavia verkoop omdat die ryk vryeswarte Robert Schott van Batavia, nie sy lening wat hy met haar oorlede man gehad het, geeer het nie. Koornhoop aan die Liesbeek rivier het behoort aan Robert Schott van Bengale, en hy het ook "n groente tuin in Kaapstad gehad, Schottsche Kloof.

KINDERS:
b1 Cornelia Maria gedoop 3 Okt 1745
b2 Jacobus Daniel gedoop 24 Jun 1747, X Maria Johanna Janse van de Kaap
b3 Wilhemina Barendina gedoop 29 Jun 1749, X 18 Okt 1767 Gottfried Christian Ziedemann, XX 22 Jun 1783 Marthinus Veures
b4 Johanna Christina gebore 1 Okt 1751 verbintennis met Johanna C Spamer
b5 Martha Petronella gedoop 9 Sep 1753, X 21 Nov 1773 Pieter Jonker, XX 11 Aug 1799 Balthasar Gerst
b6 Hendrik Johannes gedoop 23 Mei 1755
b7 Christoffel gedoop 30 Okt 1757, X 14 Feb 1781 Dorothea Jacobse van de Kaap
b8 Johannes Joachim gedoop 11 Nov 1759
b9 Lea Helena gedoop 11 Okt 1761, X Engelbertus Felix
b10 Petrus Johannes gedoop 25 Sep 1763
b11 Johannes Gerrit gedoop 3 Nov 1765, X 27 Jan 1793 Abigael Rosina van Laar van de Kaap
b12 Petrus Johannes gedoop 19 Jul 1767, X 27 Jan 1788 Johanna Magdalena Maas

Bronne:
Heese en Lombard
Robert Shell Children of Bondage

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

Print Email