Surnames K to M

KRIEL Hermanus

Herrmanus Grill in Duitsland

Stamvader Hermanus Kriel (Herrmanus GRILL) a[1] is die seun van Johann Peter Grill, stadsbewoner en kruidenier in die voorstad Hanau am Main, Hessen-Nassau, Pruise en sy vrou Eva Christina Schlem¬mer. Hoewel sterfinskrywings vir sy ouma en oupa aan moederskant, sowel as vir sy broer Theodor, predikant te Hanau gevind kon word, is daar geen sterfinskrywing vir Hermanus nie.

Hermanus (Herrmanus) KRIEL a * 12 Apr 1689, Hanau am Main, Hessen-Nassau, Pruise ≈ 21 Apr 1689, Marienkirche Hanau.[2]≈ Herrmanus Heusling, predikant in die klooster Keppel in die vorstedom Siegen, bruidegom van maagd Maria Catharina, dogter van Theoderich Schlemmer, prediker in die stad.

Die doopinskrywing lyk soos volg:
1689 #57 Den 21. Aprill, gebohren den 12 dito Der Vatter, Johann Peter Grill, Bürger und Kremer in der Vorstadt Die Mutter Eva Christian Das Kindt Herrmanus Gevatter, der ehrwürdige und wohlgelährte Herr Herrmanus Heussling, Pfarrer im Kloster Keppel, im Fürstenthum Siegen gelegen, ist ein Hochzeiter mit der Viel Ehr und Tugend reichen Jungfer Maria Catharina des hocherwürdigen und hochge-lährten Hn. Theoderich Schlemmer Stadtprediger allhier Tochter.[3]

Engelse vertaling: on 21 April, born 12th same month, Father Johann Peter Grill, citizen and grocer in the suburb mother Eva Christina child Herrmanus godfather: Herrmanus Heussling, minister in the con¬vent Keppel in the principality of Siegen is a bridegroom to the virgin Maria Catharina daughter of Theoderich Schlemmer preacher in town.

Hermanus se van is as GRILL in Duitsland geskryf. Hierdie familie het beslis 'n bogemiddelde lewens¬peil gehandhaaf. Johann Peter Kriel * Hanau 15.07.1645, was 'n handelaar in kruideniersware. Sy vrou Eva Christine Schlemmer * Hanau 02.06.1656, was die dogter van Frederici Schlemmer, predikant van 1618–1653 toe hy as Konsistorialrat afgetree het. Schlemmer beleef ook die Katolieke vervolging in die sin dat hy gedurende 1634 verban word. Gedurende 1635-1638 tree hy as se veldprediker van die graafskap Hanau op.

Hermanus Kriel se voorgeslagte is tot in die derde geslag in Duitsland opgespoor. Sy oupa was Johannes Grill, burger en handelaar in die ou stad. Sy ouma was Amalie Schaefer, dogter van Martin Schaefer. Oupagrootjie was Johann Grill, burger en kleremaker; oumagrootjie was Catharina NN. Sy ouma aan moederskant, Anna Katharina Kurzrock, was die dogter van Johannes Kurzrock, derde Hervormde predikant in Hanau, wat ook die vervolging gedurende 1626 beleef het. Lg. se loopbaan strek van 1610-1635 toe hy oorlede is.[4]

Stamvader Hermanus Kriel aan die Kaap
Stamvader Hermanus KRIEL (Criel: In die Kaapstadse doopregister Jan. 1713 - 1742-09-16 waar Hermanus Kriel en Maria Steyn as doopgetuies vir Maria se jonger broer optree, word Hermanus se van as Criel geskryf). Hermanus Kriel arriveer op 6 Mei 1719 per die "Risdam" as soldaat in Kaapstad. Interressant is dat meeste van die immigrante as soldate na Suid-Afrika gekom het. Die rede daarvoor is dat die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie altyd mans benodig het om die verskeie range in sy diens te beklee. Mans van enige professie het hulle dus as "soldate" aangemeld en het nege gilde per maand as vergoeding ontvang.(1) As hulle eers diens aanvaar het is hulle bevorder, en het verskeie poste beklee.(2)
Die kompanjie het deur middel van trompette en ander instrumente op vasgestelde dae in Amsterdam bekend gemaak dat nuwe werkers benodig word. Belangstellendes moes hulle by die Oos-Indiese Huis aanmeld. Die werkers van laer rang het 'n kwart van hul loon gekry by indiensneming, 'n kwart in die vorm van klere en die res is eers met hulle terugkeer na Nederland uitbetaal. Diegene wat deur middelaars gewerf is, het hierdie helfte van die betaling deur middel van 'n transportbrief of skuldbekentenis aan die middelaar bemaak. Dit was bekend as 'n "cedel' of seel en het in die Afrikaanse woord doopseël behoue gebly. Gewoonlik het die middellaars wat merendeels uit vroue bestaan het, die seel aan 'n derde persoon verkoop, dus het hulle as "seelverkopers" bekend gestaan.
Die skip is gewoonlik deur 'n klein kernbemanning in gereedheid gebring, waarna die matrose en soldate met trommelgeroep na Oos-Indiese Huis opgeroep is. Hulle is dan deur die sielverkopers met hulle bagasie begelei na die ligters waarmee hulle na die skepe wat in dieper water gelê het, vertrek het. Elkeen kon 'n skeepskis van standaardgrootte saamneem. Die sielverkoper het dit met standaardvoorraad uitgerus.(3)

Die skepe wat deur die Kamers van Amsterdam, Hoorn en Enkhuizen gebruik is, het vanaf Texel vertrek. Die skepe deur die Kamers van Rotterdam, Delft, Zeeland en Vlissingen het vanaf die "Goereese gat" by die Suid-Hollandse eiland Goeree vertrek. Terwille van veiligheid het die skepe van die V.O.C. en die W.I.C. gewoonlik saam uitgevaar. Hulle moes eers in die hawe wag vir die westwinde om op te kom sodat hulle kon begin vaar. September 1616 is 'n vaste roete vir die V.O.C. skepe bepaal: Hulle het deur die kanaal uitgeseil maar gedurende oorlogstyd agter om, rondom Skotland en Ierland, tussen die Asore en Kanariese eilande het die W.I.C.-skepe van die V.O.C.-skepe afskeid geneem. Die V.O.C.-skepe het dan suidwaarts geseil tot by die Kaap-Verdiese Eilande aan die Weskus van Afrika. Tot by die ewenaar het hulle 'n smal "waspoor" gevolg, waarna hulle in die rigting van Suid-Amerika geseil het verby die "droogte van Abrolho", gevaarlike sandbanke voor die kus van Brasilië tussen die huidige Salvador (Bahia) en Rio de Janeiro. "Voor die kus van Suid-Amerika het die wind die skepe opgevang en ooswaarts oor die Atlantiese Oseaan voortgedrywe rondom Kaap die Goeie Hoop, totdat die suidoospassaat hulle in die suidelike Indiese Oseaan opvang en hulle kon koers kies na Batavia." Indien die "waspoor" nie gevolg is nie kon hulle by die Karibiese Eilande of Guinee uitkom. As hulle vanaf die Kaap te vêr ooswaarts gevaar het kon hule op die weskus van Australië se rotsbanke strand.(4)

Die "Risdam" vertrek 1718-11-16 vanaf Texel na Batavia en doen 1719-04-19 by die Kaap aan, vanwaar sy 1719-06-16 na Batavia vertrek en 1719-08-31 aankom. Die "Risdam" is 1713 te Hoorn gebou. Dit was 'n fluitskip van 520 ton wat hoofsaaklik vir die vervoer van goedere in die ooste gebruik is, die skipper was Kornelis Dam(5) en die sieketrooster was Jan ten Hoorn.(6) Die "Risdam" het gedurende 'n reis van Siam na Batavia in 1726 gesink.

Skepe wat vanaf Nederland vertrek het was oorvol omdat voorsiening gemaak is vir diegene wat gedurende die reis te sterwe sou kom. Gemiddeld is 200 man vanaf Nederland vervoer terwyl die retoerreis min of meer uit 110 persone bestaan het. Die Kompanje het 'n vaste gebruik gehad dat soldate al om die ander jaar een derde of twee vyfdes van die totale passasiers uitgemaak het. Hulle het gewoonlik nie goed met die skeepsbemanning oor die weg gekom nie omdat hulle meestal buitelanders was.(7)

Saam met Hermanus Kriel was nog 9 soldate wat by die Kaap afgeklim het.(8)
Hermanus het by die V.O.C. se Kamer van Amsterdam diens aanvaar.
Willem Croon in Nederland leen 572 gulde aan Hermanus as "gagie" om sy onkostes na die Kaap te dek. Hierdie bedrag geld is vanaf 1720-1738 aan die V.O.C. terugbetaal. Opgetekende bedrae vir transport wat gevind kon word beloop 278-22 gulde.(9)

Die Duitse plattelandse bevolking was verarm en het 'n ander heenkome gesoek. Nederland het welvaart beleef met baie werkgeleenthede. Tot 60% van die mans wat in 1791 in Amsterdam in die huwelik getree het was bv. Duits.(10)
Vir drie jaar is hy as leerlingbakker in diens van die H.O.K., gedurende 1722 word hy burger en bakmeester te Kaapstad.(11) By die 1722-inskrywing word Hermanus Kriel vir die laaste keer as bakker in Kaapstad aangedui - gedurende 1722 tree hy te Kaapstad in die huwelik met Maria STEYN. Hulle woon te Kaapstad waar Maria gedurende 1724 sterf. Hermanus tree vroeg in 1725 met Elizabeth Anna MALAN in die huwelik. Sedert 1734 woon hulle te "Paarl Diamant" wat gedurende 1996 in besit van Bazil Procopiou is.

Vanaf 1734 woon Hermanus Kriel in Drakenstein op die plaas "Paarl Diamant" (Pêrelrots),(12) waar hy in 1739-02-08 oorlede is. Hy en sy vrou is moontlik langs die Paarl rots begrawe. Dit is onseker of hulle op die plaas "Paarl Diamant" begrawe is. Die amptelike begraafplaas vanaf 1720 was binne die ringmuur van die Strooidakkerk te Hoofstraat, Paarl. Daar is nog baie herkenbare grafte met grafskrifte, maar talle grafte is omgeploeg en geen teken kan daarvan gesien word nie. Hulle name kom egter nie in die Strooidakkerk se begrafnisregister voor nie.
Hermanus se plaas "Paarl Diamant" lê aan die westekant van die Paarlberg, in die wyk Agter-Paarl. Nie een van hierdie plase is oorspronklik aan Hugenote toegeken nie, "Weer eens vind ons hier die vroeëre kulturele waterskeiding met die Germaanse komponent van Afrikaanse bloed aan die westekant van die Paarlberg gekonsentreer, en die Hugenote oos van die berg, in die Bergriviervallei."(13)

"Paarl Diamant" is in Krielbesit:
Hermanus Kriel van Hanau, 1734-1739
Isabeau-Anne Malan (weduwee van H. Kriel) 1739-1745
Johann Caspar Schlee (2de man van I-A Malan) 1745-1767
Isabeau-Anne Malan (weduwee van J.C. Schlee) 1767-1768
Die huise is later met grasdakke gebou. Die grondplan was gegrond op die Nederlandse en Noord-Duitslandse boustyl wat gelei het tot die Kaaps-Hollandse huise.(14) Die oorblyfsel van die pragtige gewelhuis op "Paarl Diamant" is in die tyd van Hendrik J. van der Spuy gebou wat die eienaar vanaf 1820-07-20 tot 1832-04-09 was. Die datum op die gewel was 1826. Die oorspronklike huis op "Paarl Diamant" bestaan nie meer nie, maar 'n gedeelte daarvan met die sygewel met die datum 1826 bestaan nog.(15) Gedurende 1993 het die gewel nog gestaan maar gedurende 'n storm in Junie 1995 is die gewel heeltemaal beskadig. In die Kaapstad Argief is 'n foto van die huis wat in 1826 op "Paarl Diamant" gebou is. 'n Afdruk daarvan is in die tydskrif "Tuinhuis, Jaar 1, nr.3, 1990, p. 95". Dit was in 'n H-vorm gebou met solders in altwee die vleuels. Die agterste vleuel is moontlik op 'n later stadium aangebou. Mnr. Du Toit van die buurplaas "Hoogstede" vertel gedurende 1996 dat die Kapenaars maar arm mense was. Gedurende die 1830's het hulle egter geld gemaak en almal het hulle huise laat vergroot. Die huise is gewoonlik verleng, daar is aan weerskante aangebou, die kelder was dan aan die een kant van die huis en die woongedeelte aan die ander kant.

Hermanus Kriel verkry burgerskap gedurende 1722.

Vanaf sy eerste huwelik tot 1733 woon Hermanus in Kaapstad waar hy sy bakkery bedryf. Hermanus Kriel besit 'n bakkery met woonhuis te Bergstraat, Kaapstad. Dit is nou 'n Maleierbuurt (2002) Volgens die oorspronklike dokumentasie is dit naby die Soutrivier. Hy verkoop dit 23-10-1734 aan J. Brand.(16)
Die huise aan die Kaap het aanvanklik soos die Nederlandse gragtehuise gelyk wat uit twee verdiepings bestaan het. Die houtwerk is gedoen met hout uit Midde- en Oos-Java. Daar was gewoonlik 'n voorhuis met kerkstoele wat Sondae deur die slawe gedra is, 'n sonsambreelstaander, langsaan die "pronkkamer". Agter hierdie kamer was die groot vertrek "gaandery" of "galdery" wat as woonkamer gedien het en waar die slawe handwerk gedoen het. Die slawe het op die boonste verdieping van die buitegeboue in die agterplaas geslaap, soos by die Koopmans-de Wethuis.(17)

Gereken aan die boedelinvetaris was Hermanus 'n man van gemiddelde vermoëns want hy besit 'n perdewa en 3 mansslawe. Mense van die burgerlike stand moes tenminste twee slawe hê.(18)

Nageslag van die stamvader
Hermanus Kriel * 1689-04-12, Hanau + 1739-02-08(19) "Paarl Diamant", Paarl x 1722-03-22, Kaapstad, Maria Steyn = 1706-08-14, Kaapstad, dogter van Jacobus Steyn en Maria Potgieter.(20) (21) Jacobus was die seun van Maria Lozee en 'n ander man. Jacobus het die van Steyn aangeneem.(22) (Doopgetuies: Paulus Heyns en Maria Lozee) xx 1725-04-29 Elisabeth Anna Malan * 1701-11-30 + 1768. Sy is die tweede kind van die stamvader Jacques Malan(23) en Isabeau le Long.(24) (25) Na Hermanus Kriel se dood 1739, is sy met Johann Caspar Schlee getroud.

b1 Johannes Pieter = 1723-02-28, Kaapstad.(26) (Doopgetuies: Jacobus Steyn en Maria Potgieter)

b2 Maria = 1724-10-08, Kaapstad (Doopgetuies: Hendrik Heyns en Maria Lozee)(27) x 1750-08-30, Stellenbosch, Johan Christiaan Gras (Grasz) stamvader, arriveer 1739 van Waldeck, Duitsland, soldaat 1739-1743, plaaskneg 1744-1750. Maria xx 1756-07-25 Coenraad Muller (Conrad Muller) stamvader, arriveer 1743 van Klein Lissa, soldaat, messelaar vir die kompanjee 1750-1765, burger 1765. 1 kind uit eerste huwelik, 3 kinders uit 2de huwelik.

b3 Elisabeth = 1726-08-04, Kaapstad (Doopgetuies: Jacob Malan en Elizabeth le Long)(28) x 1743-07-28, Paarl distrik, Louis CARSTENS = 1722-10-18, burger Drakenstein, seun van Johannes Herman(n) Carstens of Karstens van Husum, Sleeswyk en Catharina van As.(29) (30) 10 kinders.

b4 Eva Catharina = 1727-12-21 x 1748-06-02 Frederik Potgieter = 1724-06-11, + 1785-09, burger Stellenbosch, seun van Johan Harmensz Potgieter en Maria Catharina van Eeden. Frederik hertrou 1765-04-07 Maria Magdalena Landman. 8 kinders uit die eerste huwelik.

b5 Jacobus Petrus = 1729-06-12 x 1758-03-12 Hester Roux = 1731-04-01, dogter van Pieter Roux en Susanna de Villiers. 6 kinders.

b6 Johannes Daniel = 1731-03-18 + jonk.

b7 Johan David = 1733-04-12, burger Stellenbosch x 1764-04-15 Maria Magdalena Kotze = 1739-07-12, dogter van Dirk Kotze, burger Drakenstein en Maria Magdalena Carstens xx 1789-05-17 Hester van Zyl = 1741-10-01, weduwee van Andries Greeff, dogter van Pieter van Zyl en Hester van Wyk. Vier kinders.

b8 Hermanus = 1734-11-14 (Doopgetuies: Paul Jordan en Rachel Niel) boer Drakenstein x 1766-02 Elsabe Wium = 1734-04-26, dogter van stamvader Pieter Wium vanaf Vion (Wion), Denemarke en Anna de Haase, Elsabe Wium was die weduwee van Daniel Wynand Malan. Hermanus se twee seuns en kleinkinders is in Stellenbosch gedoop. Vier Malan-kinders.

b9 Theodorus = 1736-12-02 (Doopgetuies: Jan Louis du Plessis en Magdalena Rossouw) burger van Drakenstein x 1764-11-04 Magdalena Geertruy du Plessis, = 1740-08-28, + 1776?, dogter van Petrus du Plessis en Brechie Boeiens. Drie seuns. M.G. du Plessis was die weduwee van Pieter de Villiers, + 1763.

b10 Maria Elisabeth = 1739-03-29, Stellenbosch (Doopgetuies: Adriaan Louw en Maria Malan). Die vader word as overleden aangegee.

Nota in eerste 6 paragrawe
1.Gevind deur Frederik Hermanus (Erik) Kriel (4935) * 21.11.1978
http://www.familysearch.org/Eng/Search/ancestorsesrachresluts.asp
18.06.2005
2.Merle, G. 2006. Vertaling van doopinskrywing. Marienkirche Hanau. Marienkirche Taufbuch 1681-1690, 285.
3.Marienkirche Hanau. Marienkirche Taufbuch 1681-1690. Ongepubliseerd
4. Foto's: Grill, a Herrmanus * 12.04.1689, Hanau & Amsterdam, 12

Voetnotas

1. Personalia of the Germans at the Cape, 1652-1806 / J. Hoge. Argiefjaarboek van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, 9de jaargang, 1946. p. 221 (Die intreerang in die HOK was "soldaat") GMR 1719-22; RQ 1722: 71: G.R. nr. 499; Test. CJ 1073: 38; Inv. O.C. 6:27
2. Leibbrandt, H C V: Precis of the archives of the Cape of Good Hope requesten (Memorials) 1715-1806. Cape Town : Cape Times, 1905. P. iii
3. Schoeman, K.: Armosyn van die Kaap : voorspel tot vestiging, 1415-1651. Kaapstad : Human & Rousseau, 1999. P. 101
4. Schoeman, K.: Armosyn van die Kaap : voorspel tot vestiging, 1415-1651. Kaapstad : Human & Rousseau, 1999. P. 112-114
5. Brujn J R e.a.: Dutch-Asiatic shipping in the 17th and 18th Centuries. Vol. 2: Outward bound voyages. The Hague : Nijhoff, 1979. P. 344-345
6. Algemeen Rijksarchief 4, Eerste Afdeling C20, V.O.C. nr. 5723. Titel op boek: Risdam 1718, rugtitel: 248 A
7. Schoeman, K.: Armosyn van die Kaap : voorspel tot vestiging, 1415-1651. Kaapstad : Human & Rousseau, 1999. P. 95
8. Brujn J R e.a.: Dutch-Asiatic shipping in the 17th and 18th Centuries. Vol. 2: Outward bound voyages. The Hague : Nijhoff, 1979. P. 344-345
9. Algemeen Rijksarchief 4, Eerste Afdeling C20, V.O.C. nr. 5723. Titel op boek: Risdam 1718, rugtitel: 248 A
10. Schoeman K.: Dogter van Sion : Machtelt Smit en die 18de-eeuse samelewing aan die Kaap, 1749-1799. Kaapstad : Human & Rousseau, 1997. P. 176
11. Kaapse Hugenote P. 20: Kaarte hoe Kaapstad lyk (Outeur: nie Botha nie)
12. Jeffreys, K M: Kaapse Archiefstukken lopende over het jaar 1783. Pretoria : Staatsdrukker, 1938. p. 246, p. 613
13. Van Huyssteen T: Hugenoteland : Deel twee van die hart van die Boland: die Franse verbintenis ... Kaapstad : Tafelberg, 1985. P. 44
14. Schoeman K.: Dogter van Sion : Machtelt Smit en die 18de-eeuse samelewing aan die Kaap, 1749-1799. Kaapstad : Human & Rousseau, 1997. P. 83
15. Fransen H en Cook M A: The old houses of the Cape : a survey of the existing buildings in the traditional style of architecxture of the dutch-settled regions of the Cape of Good Hope. Amsterdam : Balkema, 1965. p. 130
16. Kaapstad Argiefbewaarplek: Prop 512
17. Schoeman K.: Dogter van Sion : Machtelt Smit en die 18de-eeuse samelewing aan die Kaap, 1749-1799. Kaapstad : Human & Rousseau, 1997. P. 155
Schoeman K.: Dogter van Sion : Machtelt Smit en die 18de-eeuse samelewing aan die Kaap, 1749-1799. Kaapstad : Human & Rousseau, 1997. P. 185
18. Schoeman K.: Dogter van Sion : Machtelt Smit en die 18de-eeuse samelewing aan die Kaap, 1749-1799. Kaapstad : Human & Rousseau, 1997. P. 172
19. Algemeen Rijksarchief 4, Eerste Afdeling C20, V.O.C. nr. 5723. Titel van skeepsjoernaal Risdam 1718, rugtitel: 248 A
20. Kaapstad doopregister, 1695-1712
21. Steyn : die stamboom van 'n Afrikaner-familie (In: Familia, jg. 5, no. 4, 1968. P. 3
22. De Villiers G.G.: Geslagsregisters van die ou Kaapse families, Deel 2: N-Z. Kaapstad : Balkema, 1981. p. 927
23. Sy naam kom voor in die register van vlugtelinge wat hulp ontvang het van die Franse Gereformeerde Gemeente van Frankfurt
24. Malan, H: Die Malans van Suid-Afrika : geskiedenis en geslagsregister. Blyvooruitsig : Die Outeur, 1988. P. 10
25. Sy is ook in die Stellenbosch doopregister ingeskryf Hugo A.M. met medewerking van Van der Bijl J.: Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963 : 'n geskiedenis van die kerkgeboue van die Nederduits Gereformeerde Gemeente te Stellenbosch, en van die mense wat hulle gebou het, vanaf die dae van Simon van der Stel tot op die huidige dag, in opdrag van die Kerkraad van Stellenbosch. Kaapstad : Tafelberg, 1963. )Registeruitgawe no. 4) P. 227 (Bylae VI: Opgawe van persone wat in die kerk begrawe is, vir sover bekend, 1730-1810.
Jacob Malan en Elisabeth de Long (sic) is hier in die Kerk begrawe. Jacques Malan is ongeveer 1690 in hierdie land getroud met Elizabeth le Long, weduwee van Jean Jourdan. Hulle boer te "Morgenster", Hottentots-Holland, + 1742. Jacques het lank op die Kerkraad van Stellenbosch gedien.
26.Kaapstad doopregister Jan. 1713 - 1742-09-16
27. Kaapstad doopregister Jan. 1713 - 1742-09-16
28. Kaapstad doopregister Jan. 1713 - 1742-09-16
29. Heese J A: Suid-Afrikaanse geslagsregisters. Deel 1. Pretoria : RGN, 1986. P. 550
30. Malherbe D.F. du T.: Stamregister van die Suid-Afrikaanse volk. Stellenbosch : Tegniek, 1966. P. 152

Navorsing gedoen deur Helena Garner This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Print Email