Skip to main content

logo new

Surnames K to M

KOOPMAN Albert

Albert KOOPMAN was gebore om en by 1654. Hy was "n krankbesoeker en trou in Kaapstad 3 Februarie 1692 met Agnieta VAN DER GRACHT, sy was van Groninchem. Sy was die weduwee van Jacob Rootsteen.

Albert trou weer 1 Januarie 1702 in Kaapstad met Maria BERGH, sy was die dogter van Olof Bergh en Anna de Koningh (haar moeder was die slaaf Ansela van Bengale).

Kolbe skrywe, hoe hy deur WA van der Stel na die huis van die onderkoopman en voormalige sieketrooster Albert Koopman geneem was. Daar het hulle brandewyn gedrink en gerook. Schoeman, p. 389.

Volgens Mansell Upham het hulle twee seuns gehad wat jonk oorlede is.

Na die afsterwe van Koopman trou Maria Bergh 3 Julie 1707 met Johannes Visser.


Bronne:
SAG Vol 4
Inligting verskaf op SAGenealogie deur Mansell Upham
K Schoeman, Armosyn van die Kaap: Die Wereld van "n slafin 1652 - 1733




 

  • Hits: 10292

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy