Skip to main content

logo new

Surnames D to G

Du PRE/des PRES Hercule

 

Hercule du PRE/des PRES (vandag bekend as du PREEZ), gebore 1645, van Cortryk (Courtrai in die Artois streek van frankryk) was "n Franse Hugenoot wat in 1688 met sy vrou Cecilia D’ATIS na SA gekom het op die skip De Schelde vanaf Vlissingen in Nederland. In 1690 het hy finansiele hulp vir homself en 5 kinders ontvang. Hy het homself in 1692 gevestig te De Zoete Inval, Groot Drakenstein (Paarl) as kleremaker, en is omstreeks 1695 oorlede.

Cecilia D’Atis was gebore omstreeks 1650 in Frankryk. Sy was ’n ondernemende dame met sterk persoonlikheid en het ’n groot boedel gehad met o.a. 270 skape, beeste en stookketels. Sy hertrou c. 1700 Pierre Dumont, en is oorlede 1720.

Hercule du Pre en Cecilia D’Atis het 3 seuns en 3 dogters gehad:

b1 Elisabeth * Courtrai c. 1670 x Kaapstad 25.7.1688 Pieter Jansz VAN MARSEVEEN

b2 Hercules * c. 1672 Drakenstein + 9.5.1721. Hy was lid van die kollege van landdros en heemrade van Stellenbosch en kaptein van die burger-kavallerie. x c. 1696 Marie LE FEVRE (wed. Prevot, wed. Eckhoff, wed. De Peronne) d.v. David le Fevre en Elisabeth le Bleu xx c. 1702 Cornelia VILLION (Viljoen) * c. 1686 t c. 1758 d.v. Francois Villion v. Clermont en Cornelia Campenaar v. Middelburg, Holland.

b3 Marie-Jeanne (Maria Johanna) * Bethune c. 1675 t c. 1763 x Jacques THEROND

b4 Francois-Jean ~ St. Maartinskerk, Courtrai a. saam met sy ouers, woon eers “Hexenberg”, dist. Wellington en 1712 “Langfontein”, dist. Tulbagh x c. 1705 Marie CORDIER d.v. Louis Cordier (Cortje) en Francoise Martinet

b5 Jacquemine * c. 1679 c. 1715 x Abraham VIVIER, woon op “Schoongezicht”, Daljosafat

b6 Philippe * 1681 Courtrai, boer op “Klipvallei”, dist. Wellington en ook op “Artois” en “De Hoop” in die Land v. Waveren (Tulbagh), + De Hoop 21.5.1721 x Elizabeth PREVOT * Marq naby Calais c. 1683 + Tulbagh 18.1.1750 d.v. die meester wamaker Charles Prevot en Marie le Fevre

Verwysings:

SAG: oorspronklik opgestel deur J.A. Heese, geredigeer en bygewerk deur GISA (2002)
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek (1995)
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek (1995)


Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)


  • Hits: 13473

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy