Surnames D to G

GELDENHUYS Albert Barends

Albert Barends GELDENHUYS / GILDENHUISZ gebore Burgsteinfurt, Westfale, Duitsland. Sy nageslag het die familienaam Geldenhuys. Hy was "n matroos, boerkneg. Hy trou met Margaretha HOEFNAGELS, gebore 28 Maart 1649, Legden, Burgsteinfurt, Westfale. Sy was die dogter van Arend Hoefnagels en Grietjie Cornelis. Margaretha Hoefnagels gebore 28 Maart 1649, Legden, Burgsteinfurt, Westfale, sy was eers getroud met Hendrik Schakelmann, voordat sy met Albert Barends Gildenhuisz getrou het.

Geldenhuys kom met die skip Princesse Royale na die Kaap toe. Hy word "n burger op 23 September 1661. Tussen 1662 en 1665 dien hy as "n kneg by verskeie burghers, ook vir Jacob Cloete. Keer waarskynlik terug na Duitsland, vir omtrent sewe jare, hy trou daar en kom in 1672 weer terug met sy vrou Margaretha Hoefnagels. Hy het van 1673 op Roodenberg gewoon.

Hy was "n graan boer het het 32 mud graan geoes in 1663. In 1692 het hy 20,00 wingerdstokke gehad. Hy was aangekla 21 Desember 1681 weens brandstigting, maar die saak teen hom het misluk. Hy was in 1690-1691 "n diaken van die Kaapse Kerk. Sy het 9 kinders gehad.

KINDERS:
b1 Arend X Kaapstad 28 Des 1698 Judith Smit
b2 Elsje gedoop Kaapstad 11 Mei 1674, X Jacobus van der Heyden
b3 Barend gedoop 23 Des 1675
b4 Barend gedoop 27 Okt 1678
b5 Margaretha gedoop Kaapstad 9 Jun 1680
b6 Barend gedoop Kaapstad 6 Sep 1682, X 31 Aug 1710 Anna Margaretha Siek
b7 Margaretha gedoop 6 Okt 1684, X 5 Jul 1704 Heinrich du Plooy, XX 10 Jun 1725 Philippus Richter
b8 Hendrik gedoop Kaapstad 2 Feb 1687, X 11 Okt 1711 Elsabe Meyer
b9 Anna gedoop 6 Okt 1689, X 22 Mei 1712 Jean Costeux

Margaretha het as vroedvrou gedien, wat ander vrouens tydens bevallings bygestaan het. Albert sterf ongeveer 1693.

Bronne:
Heese en Lombard
AE Read, A Research into the History of the Family: Bruijns/ Bruyns/ Bruins/ Broens
GC de Wet, Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting.

Bydrae te danke aan :
AM van Rensburg



PrintEmail