Surnames D to G

Written by Stamouers on . Posted in D - G.

FOUCHE Philippe


Philippe FOUCHE van Suevres, sv Bernard Foucher en Anne Bruere was "n Franse Hugenoot, wat aangekom het met die Voorschooten in 1688 met sy vrou Anne SOUCHAY (dv Paul Souchay en Anne Paillevert) met wie hy op 7 Jun 1677 getroud is, en 3 kinders, Anne (6) Esther (5) en Jacques (3). In 1690 het hy finansieele bystand ontvang. Hy was gevestig in 1692 te De Wildepaardenjacht, Paarl, en is in 1708 oorlede. Hy het 3 seuns en 3 dogters gehad. Twee kinders is egter jonk in Europa reeds oorlede.

1. Phillipe * 8 Mei 1679 jonk oorlede
2. Phillipe * 26 Sep 1680
3. Anne * 1681, gedoop Frankryk 14 Nov 1681 x Pierre Jourdan, gevestig te Lustig-aan, Paarl.
4. Esther * 1683
5. Jacques * 1685
6. Steven x Maria Olivier

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz