Surnames D to G

FABER Johann Jurgen

Johann Jurgen FABER het in 1760 aan die Kaap geland. Hy was van Manningenhof, Hanau Duitsland. Hy trou 14 April 1771 in Tulbagh met Maria Magdalena BRITS. Sy was die dogter van Johanna van Saxen (en sy was die dogter van Leendert BARENDSE van Saxen van die Kaap en Johanna DE RYK) en "n onbekende vader

KINDERS
b1 Johannes Jurgen gedoop 21 Apr 1771
b2 Cornelis Jacobus gedoop 25 Jul 1773, X Christina Magdalena de Buys
b3 Johanna Maria Catharina gedoop 22 Des 1776, X 30 Nov 1815 Johannes Jacobs
b4 Anna Elizabeth Martha gedoop 22 Des 1776, X Johannes Bezuidenhout
b5 Christina Magdalena gedoop 21 Nov 1779, X 19 Apr 1801 Hendrik Frederik Prinsloo
b6 Susanna Elizabeth gedoop 5 Maart 1780, X 19 Apr 1801 Hendrik Frederik Prinsloo, XX Ockert Brits
b7 Michiel Gerhardus Balthasar gedoop 14 Apr 1784, X 10 Feb 1811 Johanna Margaretha van Niekerk


Bronne:
Elmien Ballot "Die Faber Stamouers" Familia 2002, no 1
Heese en Lombard Vol II


NB: - Addisionele data en korreksies:
Elmien Ballot

1) Die Stamvader was Duitsprekend maar van Elsas, nie Duitsland nie.

2) Die stammoeder, Maria Magdalena Brits (gedoop in Tulbagh op 3 Oktober 1751), se vader is onbekend en haar moeder Johanna van Saxen se ouers is onbekend.

As gevolg van verkeerde transkribering van die doopinskrywing van Johannes van Saxen (vs Johanna van Saxen) gedoop Kaapstad 4 Maart 1731 is vir baie jare aanvaar en gepubliseer in 2002 dat Johanna van Saxen die dogter van Johanna de Ryk en Leendert Barendse van Saxen is.
Daar is egter geen rekords wat dit ondersteun nie en heelwat wat daarop dui dat sy nie is nie (met verwysing aan beide Johanna de Ryk en Leendert Barendse van Saxen se Inventarisse MOOC8/8.1 1/2 en MOOC8/7.21a). Daar is moontlik wel n verwantskap met hierdie gesin maar dit is slegs ‘n afleiding gebaseer op hul van "Van Saxen" en die feit dat Johanna de Ryk se seun uit haar eerste huwelik, naamlik Johannes Claas en sy vrou Cornelia van Wyk getuienis by die doop van Maria Magdalena Brits was.

Sien http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-baptisms-1713-1742/283-cape-town-baptisms-1731

vir die doopinskrywing van Johannes van Saxen

 

PrintEmail