Skip to main content

logo new

Surnames D to G

ELBERTS Hendrik

Hendrik ELBERTS (ELLEBRECHT) was van Osnabrück. Hy arriveer 1656 as "n adelbors. Hy word "n burger 21 Februarie 1657. Hy kry grond aan die Liesbeekrivier wat hy saam met Steven Jansz Botma bewerk.

In 1660 het Steven Jansz Botma gekla dat sy vennoot Hendrik Elbertsz verkseie kere met hulle slavin Adouke seks gehad het.

In 1685 was hy betrap met die sluikhandel van tabak wat hy van Jan Baptist du Bertin gekoop het. In Januarie 1687 is die Kompanjiepos in Hottentots-Hollands aan hom en Jochem Marquaardt verhuur. Hy word later "n heemraadslid van 1684 - 1685 en 1691 - 1692. Hy was ook kaptein van die Stellenbosch-burgerdragonders

Hy kry later plase in Stellenbosch, Aan den Weg en By den Weg.

Hy trou met Aletta TER MOLLEN, sy was van Schüttorf, Hannover.

KINDERS
b1 Hendrik = 4 Des 1672, X 25 Jan 1696 Annetjie Louw sy was wed van Willem Janse de Weetelt
b2 Johannes = 27 Mei 1674
b3 Nicolaas = 24 Nov 1675, X 18 Sep 1712 Margaretha Pasman. Beide sterwe in die pokke epidemie van 1713
b4 Geertruy = 6 Jun 1677
b5 Izaak = 27 Okt 1678
b6 Gerrit = 5 Nov 1679, X Johanna Kock
b7 Geertruy = 22 Jun 1681, X Wessel Pretorius
b8 Willem = 11 Apr 1683, X 22 Nov 1711 Susanna du Toit
b9 Margaretha = 17 Mei 1686, X Jacobus van Brakel

Hy het met sy gesin vir "n ruk terug gegaan na Europa maar het weer terug gekeer na die Kaap.

Bronne: GC de Wet, Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting 1652 - 1700
Heese en Lombard

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

  • Hits: 11055

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy