Skip to main content

logo new

Surnames D to G

DIEDRICHS Johann Otto

Johann Otto Diederichs was van Steyerberg, Duitsland. Hy was gebore 1695. Hy arriveer op die skip Het Huijs Assenburgh aan die Kaap in 1729

as "n matroos. Hy word "n burger in 1748 en woon in Namakwaland en Roeveld. Hy het met die khoikhoi Catharina (Caatje) van de Kaap gewoon en hulle het ses kinders gehad. Sy is gedoop saam met sommige van die kinders op 28 September 1760 te Swartland.

b1 Karel
b2 Andries
b3 Jonas
b4 Frederik X 2 Nov 1788 Anna Maria van de Kaap, XX 6 Jan 1811 Maria Brand (dv Gerrit Brand en Antje Scipion van de Kaap)
b5 Christina X 13 Mei 1759 Johann Blom van Otterndorf
b6 Catharina

In 1765 het Diederichs se khoikhoi veewagter gedros en toe het Diederichs en sy twee seuns Karel en Andries na die kraal van kaptein Jager gegaan om die droster te kry. Hulle het toe Jager met "n sjambok geslaan en ook die vroue en kinders in die kraal. Hulle het toe die vrou van die droster vir agt dae vasgeketting en ook die veewagter Kleynveld Marthinus grusaam gemartel. Marthinus het gesterwe maar die hof kon nie bewys dat Diederichs hom vermoor het nie. Diederichs se vonnis was dat hy vir 25 jare na Robbeneiland verban was, hy het op Robbeneiland gesterwe.

Bronne:
SAG Vol 2
HF Heese, Reg en Ongereg, p 38
Hoge, Pesonalia of Germans at the Cape

Bydrae:
AM van Rensburg

Navorsing:




 

  • Hits: 10573

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy