Surnames D to G

Written by AM van Rensburg on . Posted in D - G.

DEMPERS Willem

Willem DEMPERS van Middelburg, Zeeland. Hy kom met die skip Raadhuis in 1712 na die Kaap. Hy word aangestel as glasemaker in die kasteel. Hy keer terug in 1719 na Europa maar kom terug na die Kaap in 1729. Hy trou in Nederland met Elisabeth BRUNT. Hy trou die tweede keer met Dirkje DE GRAAF, gedoop Kaapstad 7 Desember 1704, sy was die tweede kind van Dirk Janse de Graaf en Elisabeth Markse van de Kaap. Dirkje was op een tydstip getroud met Gabriel Visser

KINDERS
b1 Cornelis gebore in Middelburg
b2 Elizabeth gedoop 29 Jun 1721
b3 Daniel gedoop 16 Aug 1722
b4 Willem gedoop 22 Aug 1723, X 10 Des 1747 Elisabeth Elliard

Bronne:
SAG Vol II, p 55, 502

Saamgestel deur:
AM van Rensburg