Surnames A to C

Written by Stamouers on . Posted in A - C.

CLANK Jan Adam

Jan Adam CLANK arriveer by die Kaap in 1708 as "n sodaat van Naumburg, Duitsland. Hy word "n burger in 1715 en trou 2 Maart 1721 met Anna Oelofsz. Sy was gedoop 13 Mei 1703 die dogter van Andreas Oelofse en Sara van Gyselen.

Anna kom in die moeilikheid in 1726 weens owerspel met die soldaat Jan Splinter. Sy het ook met andere rondgeslaap, soos Willem Meyer (heel moontlik van Breemen).

Die kneg Willem Meyer (ek dink hy was van Breemen) het in 1725 "n verhouding gehad het met Anna Oelofsz. Die baas en twee mede knegte gryp hom een aand en trek sy broek af en slaan hom met "n stuk hout. Anna het toe haar rok opgetel en hom geurineer in die mond en op sy geslag. Die baas gee toe vir die slaaf Louis van Angola "n riem en sê: "Raak wat caffer, "t is maar een moff"

Kinders
b1 Barbara

Bronne:
SAG, Vol 1, p. 585

Ad Biewenga, De Kaap de Goede Hoop, p. 69, 220