Skip to main content

logo new

Surnames A to C

AHLERS Oltman

Oltman ALHERS. Die familienaam word ook gespel ALERS. Hy kom van Duitsland as 'n matroos na die Kaap op die skip Keukenhof in 1754. In 1765 is hy 'n bootsman op Neptunus en vra vir ontslag. Hy word dus 'n burger in 1765. Hy trou in Kaapstad 10 Desember 1780 met Dorothea VAN BENGALE, sy is gedoop as 'n bejaarde op 22 November 1772. Hy sterwe in 1790 en toe trou sy met Thomas Petersen op 18 September 1791 in die Lutherse Kerk.

KINDERS:
b1 Rachel gedoop 29 Nov 1772, X Lutherse Kerk 15 Feb 1789 Hermanus Godfried Onken, XX 14 Des 1880 Friedrich Munk
b2 Johanna Elizabeth gedoop 17 Des 1772, X Lutherse Kerk 7 Apr 1794 Jacobus Hendriksen
b3 Geesje gedoop 17 Des 1780, X Lutherse Kerk 20 Jun 1790 Johann Heinrich Wolff, XX Lutherse Kerk 8 Jun 1806 Johann Christian Wiehahn
b4 Hendrik gedoop 17 Des 1780
b5 Dorothea 17 Des 1780
b6 Oltman gedoop 17 Des 1780, X huwelikshof, Kaapstad 19 Jan 1806 Maria Margaretha Hauptfleish
b7 Johannes Jacobus gebore 16 Sep 1781, sterwe 8 Aug 1858, X Tulbagh 4 Jul 1812 Elsie Charlina Doman

Bronne:
Heese en Lombard

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

 

  • Hits: 15329

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy