Surnames A to C

BARKHUIZEN Johan Nicolaus Wilhelm

Johan Nicolaus Wilhelm * 30.5.1746 Eichholz sv Nicolaus Barkhaus & Anna Catharina Cleve 1765 kom as soldaat op "Kievitsheuvel" in Kaap aan + Swellendam 5.11.1812 x Swellendam 8.11.1771 Jacomina JANSE VAN RENSBURG, dogter van Nicolaas van Rensburg en Alberta van Rooyen (Nicolaas van Rensburg was "n afstamelling van die slaaf Catharina van Bengale, sy was ook bekend as Groote Catrijn)
b1 Nicolaas Jacobus = 3.10.1772 x Swellendam Johanna Elizabeth Cronje =3.10.1784 dv Stephanus Haarhoff & Susanna Jacoba Haarhoff (b6c6) Woon in Langkloof.
b2 Johannes Cornelis = 5.11.1775 burger Swellendam x 24.9.1797 Frederika Margaretha Johanna van Rensburg = 1.2.1778 (c3d9) suster Jacquemina (stammoeder) Hulle woon op Kliprivier (Langkloof).
b3 Alberta Catharina = 24.8.1777
b4 Simon Hendrik = 2.10.1779 burger Swellendam + 3.2.1852 Uitenhage x Kaapstad 20.3.1803 Sara Johanna Janse van Vuuren (wed v Cornelis Coenraad Scheepers) dv Johannes Gerhardus Janse van Vuuren & Sara Johanna van Beulen.
b5 Barbara Johanna = 27.1.1782 x Swellendam 5.1809 Johan Daniel Herman
b6 Jacomina Margaretha = 5.10.1783
b7 Anna Catharina = 19.6.1785 x Kaapstad 20.3.1803 Christiaan van der Wat = 1773
b8 Johan Nicolaas Wilhelm = 20.4.1788 x Swellendam 17.4.1816 Aletta Sophia van Rensburg = 1800
b9 Frederik Christoffel = 8.11.1789 x Swellendam 4.1811 Margaretha van Rooyen
b10 Martha Catharina = 6.11.1791 x 12.1809 Nicolaas Cornelis van Huyssteen
b11 Petrus Hendrik Carel = 11.8.1793 ongetroud. Hy was doof gewees en het glo uitstekende houtwerk, veral horlosies gemaak.
b12 Christina Jacomina = 31.1.1796 x George 8.4.1821 Johannes Jurie (Hans Jurgen) de Jager
b13 Johanna Petronella = 24.9.1797

Die familie Barkhuizen stam uit die oeroue Duitse landgoed Barkhausen af, geleë aan die voet van die veraf sigbare Tunsberg. Dit is geleë in die Teotoberger woud. Opgrawings in hierdie omgewing dui daarop dat daar vir 20 000 jaar reeds mense gewoon het.

As Germaanse Saksers en vrye grondbesitters moes die oervaders reeds saam met Wittekind vanaf 780 nC teen Carel die Grote opgetrek het en heel moontlik help bou het aan die Volsburg op die Tunsberge as laaste toevlug in tye van verdrukking. Die Germaanse Saksers (anders as die Sakse op moderne Duitse kaarte) het in daardie dae op laagliggende dele rondom die mondings van die Ems, die Weser en die Elbe gewoon. As hulle aangeval is, het hulle hulself tussen die bosse en moerasse teruggetrek en sodoende oorrompeling byna onmoontlik gemaak. Hulle was ru, onverskrokke en oorlogsugtig en het meermale in Brittanje, Galie of elders in die Frankiese gebied geplunder.
Sedert die vroee Mideleeue het die Saksers, geheg aan hulle eie geloof en uit vrees vir verlies aan onafhaklikheid, teen die kersteningspogings van die Franke en ander sendelinge soos Boniface in verset gekom. Hierdie uiters hewige oorloe wat Karl die Grote (Charlemaine) dus tussen ongeveer 780 nC en 804 nC teen hulle gevoer het kan tereg as godsdiensoorloe bestempel word. Albei kante het hulle skuldig gemaak aan wreedheid en moorde, an as Karl oorwin het, het hy altyd Christenskap insgestel as "n teken en toets vir onderdanigheid. Die verowerdes is in elk geval byna deurgans met geweld tot die Christelike geloof bekeer as hulle nie van sy voorwaardes gebruik wou maak nie. So moes die laaste groot Saksiese leier, Wittekind, uiteindelik ook swig en hom laat doop. Karl was egter wys genoeg om later hierdie Saksiese en Bayariese volk op gelyke en onvoorwaardelike wyse - behalwe vir bekering - in sy Franse ryk op te neem. Nuwe kloosters is steed opgerig en Biskoppe teen versnelde tempo aangestel. Die nuwe geloof en regering is diep in die lewens van mense ingeplant. Die kernstening van die Saksers het ook diep in die huishoudelike wettelike omstandighede van "Barkhausen" ingegryp.

Dit het van nou af herhaaldelik gebeur dat "n vrye grondbesitter sy grond aan die kerk skenk, hetsy dit besorgdheid oor sieleheil was of om as leenman van die kerk hulle magtige beskerming te geniet. In ruil vir bg word die eiendom dan die kerk se besitting en die skenker sal voortgaan om die grond as pagter te bestuur. So het dit dan gebeur dat in die jaar 1036 nC die Landgoed Brooches deur skenking deel van die Wisdom Paderborn, destys gelei deur Biskop Meinwerc, geword het. Daarmee saam het die eienaar van Borchusen as vrye grondbesitter nou "n beampte van die Biskop geword het.
Die landgoed bestaan vandag nog met die naam Niederbarckhausen.
Vir die Barkhuizens is Niederbarkhausen nie net die stamlandgoed nie maar ook die naamgewer. Daar bestaan die idee dat die familienaam ontleen is van die Berkeboom en vandaar ook die boom op die familiewapen. Dit word egter vandag algemeen aanvaar dat die woord Bar(c)k afkomstig is van die ou Duitse woord "Burc" wat Burg beteken. Die indrukwekkende toring van die hof, wat selfs vandag nog die gebou oorheers, het met sekerheid aanleiding gegee dat die landgoed "Burchausen" genoem is. Hierdie toring wat "n bekende baken was sou toe ook sommer die naam van die hof word.
Die eerste verwysing na die hof Burchausen, tans Niederbarkhausen, is in "n dokument gedateer 10 Mei 1036 vanaf die Biskop Meinwerc van die dorpie Paderhorn, waarin aangedui word dat hierdie hof kerkeiendom word. Ons voorvaders was dus as pagters (Duits=Meier) nie deel van die landadel nie. Die pagter was die bestuurder van die kerkeiendom.
Die hofname in Lippe was ook die familiename. Die familie wat die grond bewoon het, het die landgoed se naam as hulle van aangeneem. Die verbindings tho, to, von, van en von der is die verwysing na die stamhof of plek van herkoms.
Die familienaam is oor die tydperk van 700 jaar identies met die naam van die hof.
Die volgende naamsontwikkeling kan gesien word:
1036 Burchusen
1347 Borchusen
1532 Barchusen
1600 Barckhusen
1650 Barkhausen
1700 Barkhausen
1730 Niederbarkhausen
In die jare 1300 het die pagterberoep oorerflik geword en daarom kan afstamming vermoed word.
In Uniondale se wereld stry die mense of die van Barkhuysen of Barkhuizen moet wees. Eintlik is albei verkeerd. Die stamvader het eiehandig sy van as Barckhuysen geskryf.
Namate Afrikaans ontwikkel het, het die Hollandese spelwyse Barkhuysen, veral in die Transvaal plek gemaak vir Barkhuizen.

Print Email