Skip to main content

logo new

Surnames A to C

APPEL Jurriaan Jansz

Jurriaan Jansz APPEL het eers vir die VOC gewerk en in 1658 tree hy uit die diens van die VOC en word "n burger aan die Kaap. Hy trou met Jannetje FERDINANDUS.

Hy was eers betrokke met vissery in 1658 saam met Gerrit Harmensz en Thomas Christoffel Muller. Hulle het robbe gevang op die eilande, en hulle het die traan, velle en vleis verkoop. Hulle het die vet geneem en in ketels gekook totdat hulle traan gehad het. Dus was Appel een van die vroeë traanbranders. In die selfde jaar kry hy ook "n kontrak om sout te vergader. In 1665 kry hy toestemming om wyn te verkoop.

Hy was ook "n persoon wat van kuns gehou het, want ons weet dat hy vier landskapskilderye en twee skilderye, genaamd "Juda met Tamor" en "Ahasveros en Hester" gebesit het.

KINDERS
b1 Johannes gedoop 4 Aug 1660
b2 Ferdinandus gedoop 4 Okt 1665, X Lavina Cloete

Verwysings:
Heese en Lombard
GC de Wet Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting 1657 - 1707

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

  • Hits: 11685

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy