Surnames A to C

CORNELISSEN Evert

Evert Cornelissen / Cornelisz (van Emmen) en Maria Willemse (van Utrecht) het saam na die Kaap gekom op die skip "Europa" in 1673.

Sy word in die Opgaaf gelys as "Maria Cornelisz" in 1682 met 1 seun en 2 dogters en weer in
1688 met haar 2de man , haar seun en haar een dogter.

KINDERS:

b1 Catharina Everts van der Zee gebore op die " Europa"; gedoop Kaap 2 July 1673 trou 5 August 1685 Coenraad Jansz Visser

b2 Cornelis gedoop Kaap 13 October 1675

b3 Dirkje gedoop Kaap 10 September 1679 trou Heinrich Koster (van Minden)

Volgens Elmien Wood: Die testament wat Coenraad Visser en Catharina van der Zee laat opstel het, word daar uitdruklik gesê dat Catharina op die skip "Europa" gebore is, "oud nege en dertig jaaren". Catharina by die opstelling van haar testament haar eie ouderdom verkeerd opgegee het.

Na haar eerste man oorlede is trou sy weer aan die Kaap op 22 September 1686 as "Maria Cornelis van Utrecht, weduwee van Evert Cornelis" met die Deen - Jan Roelofs van Coppenhagen. Volgens Leibbrandt, in 1699 het die landdros van Stellenbosch die volgende rapport gegee aan die Kasteel "death by drowning of the cooper Jan Roelofsz in the river of Jan Jonker’s Hoek"

Bronne:
Inligting op Buitenposten gegee deur Mansell Upham
Inligting op buitenposten gegee deur Elmien Wood

Bydrae:

Navorsing:

 

 



 

PrintEmail