Skip to main content

logo new

Surnames R to U

SMUTS Michiel Cornelisz

Michiel Cornelisz SMUTS het met sy vrou Cornelia EENMAAL (In die amptelike & kerkregisters van die Kaap is haar van gewoonlik na EENMAAL verbuig, maar selfs vorme soos EENMAN & HOUTMAN kom voor) aan die Kaap geland. Sy was die dogter van Hermanus EMAEL en Catharina SPIETS (van die nabygeleë dorpie EMAEL). Hulle het waarskynlik in die periode 1696 en 1697 saam met hulle drie kinders, Adriaan, Hermanus en Cornelis aan die Kaap voet aan wal gesit.

Smuts was van die dorpie, 'Loon Opsant', in die provinsie Brabant afkomstig, en sy 'n 'jonge dogter van die dorpie Simpelvelt, maar woonagtig in Maastricht'.
Teen 1694 het hulle na Sluis in Seeus-Vlaandere verhuis, waar die 2de kind, Hermanus, gebore is. Kort daarna moes hulle na Middelburg in Seeland vertrek het, want die derde kind, Cornelis, is daar gebore.
Van Middelburg af het die stamvader met sy jong gesin die lang en gevaarlike seereis na die Kaap aangedurf om hom hier as vryburger te kom vestig. Cornelia was ongeveer 40 jaar oud en Michiel nie veel ouer nie. Albei van hulle was mense uit 'n eenvoudige stand en ongeletterd. Dit is interessant om daarop te let dat Michiel nie 'n van gehad het nie. In 1707 verskyn hy in die Kaapse Monsterrolle as Michiel Cornelisz SMITS, en die jaar daarna as Michiel Cornelisz SMUTS -- 'n van wat hy daarna behou het.(Sien nota) Waarom die stamvader vir hom die familienaam SMUTS gekies het, bly 'n raaisel. Die naam kom tot vandag toe nêrens in Nederland voor nie, daarenteen is SMITS 'n bekende en geëerde Nederlandse familienaam. Of die stamvader na willekeur die van SMITS gekies het, en of daar enige verband met die familie SMITS bestaan het, is 'n saak waaroor daar slegs gegis kan word.
Cornelia is in 1744 oorlede.

b1 Adriaan * Europa 1686 = 6 Sep 1686 NG Kerk, Maastricht, Nederland.

Die volgende Kinders is in die Kaap gebore:
Johannes, Nicolaas (1699), Michiel (1702) en Catharina (1704).

In 1700 het hulle 'n erf van Jan Siek in Kaapstad gekoop.

Generaal Jan Smuts was van die Michiel-tak.

Michiel is in 1711 oorlede. Op 9 Augustus 1711 is Cornelia weer getroud met Heinrich Schreuder (Kyk ook onder Heinrich Schroder)

Bronne:
PJ Smuts, Die SMUTS-FAMILIE van die SWARTLAND
PJ Smuts, 'Die Smuts-Stamvader en sy Kinders' Familia, XXI, 1984, no. 2

Saamgestel deur:
AM van Rensburg
Otto Diedericks


Aanvulling:-

Kinders:

Adriaan 1686 – 1717
Hermanus 1694 – 1762
Cornelis c1696 – 1771
Johannes c1698 – 1729
Nicolaas 1699 – 1758
Michiel Adriaan 1702 – 1790
Catharina 1704 – 1781

NB. Gen. Jan Smuts was ’n afstammeling van Hermanus se seun Marthinus (PJ Smuts, Die SMUTS-FAMILIE van die SWARTLAND)

Sasa Malan.

  • Hits: 14739

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy