Skip to main content

logo new

Surnames A to C

BOTMA Steven Jansz

Volgens gegewens deur Tine Lyfbaart-Botma verskaf, kan ek die volgende enkele verkorte informasie verstrek: Daar is alreeds voor die vyftiende eeu Botma in Friesland woonagtig, op klein plasies wat aan elke eienaar "n sekere status verleen het wat gelyk staan met half-adel gestalte, beter bekend as die landlike adel waarvan die halwe adelaar wat onder links op die familiewapen van die Frieslandse Botmas voorkom, getuig. Die drie vissies weet ek nie wat dit eintlik voorstaan nie, behalwe dat die woord "BOT" "n vis is, en die vanne wat met "MA" eindig eie aan die Friese is. Die klawers op die wapen (wat hierdie skrywe vergesel) is "n "teken van oprechtheid door de hart vorm - tevens simbool van de Hoop. In de Christelike simboliek vertolkende de goddelike Drie-eenheid". (oorspronklike beskrywing).

In "n klein dorpie in Friesland met die naam van Morra staan "n kerkie met "n orrel wat in die yaar 1740 deur 84-jarige Jantje Nannes Botma geskenk is. Die familiebank in die kerk dra ook die naam Botma. Die naam Botma is vir vier eeue aan Morra verbonde. Volgens Tine Lyfbaart-Botma (in haar eie woorde): "Een van u voorvaders is inderdaad via Wageningen (ons vroeger Indie) naar Zuid Afrika gegaan. Hy staat inderdaad van Friese land-adel". Op die huidige tydstip kan ek nie met sekerheid vasstel wanneer die voorouers van Steven Janz Botma na Wageningen in Holland verhuis het nie, maar uit die "Stamregister van die Suid-Afrikaanse volk" deur dr D F du Toit Malherbe, Emerentius-Professor van Pretoria se Universeteit, vind die volgende: "BOTMA, Steven Jansz, arriveer voor 1657 van Wageningen Nederland in Suid-Afrika. Die naam van sy eerste vrou is onbekend, en hulle het 3 kinders gehad. Sy tweede vrou was Hendrika HENDRIKS van Ij in Gelderland. Hulle het twee seuns: Cornelis en Jan. Stamvader Steven Jansz BOTMA was die eerste vryburger op 21 Februarie 1657 en een van die grondleggers van die Afrikaanse volk.

"n Ander genealoog, C C de Villiers, volgens die "Star" skryf die volgende: "Is your name Botma?" "If the genealogist de Villiers is right, the Botmas have a very proud distinction among Afrikaans families - their progenitor was the first man in South Africa to be granted burgher rights - the first burgher rights in the Cape Colony. He was Steven Botma of Wageningen, who - naturally - came to the Cape in the service of the Dutch East India Company. He must have landed with or soon after Van Riebeeck, in 1652, for the letters of freedom granting him burgher rights bears the date 21/2/1657."

Sy testament van 1689 "n uittreksel:
STEVEN JANSZ BOTMA van Wageningen, Vrijburger an Stellenbosch, mitsg: HENDRINA HENDRIKS dogter mede van Wageningen egte luijden mij Secretaris bekend............dan die hele stukkie oor hulle toestand plus die wete dat die lewe nie vir ewig is nie, ens, plus hulle verantwoordelikhede ten opsigte van sy "Voorzoon" JAN STEVENSZ BOTMA (saamgekom na die Kaap) en twee kinders wat nie saamgekom het nie, al was hulle in 1652 nog maar klein........ zijn Testateurs voordogter PETERNELLA STEVENS BOTMA , woonagtig tot Arnheim (Arnhem).............................en haar (Testatrice) voordogter MARIA WILLEMSZ van Leeste, woonagtig tot Leist.......... daarna noem hulle hulle "soonen en nakinderen bij hun geteeld, CORNELIS en JAN BOTMA" as volle erfgename nadat die ander drie versorg is.

"n Ander werk (Bot(h)ma is my naam" het ook nog "n voordogter Cornelia Stevenz Botma wat saamgekom het, maar ons kon tot dusver nog geen bewyse van haar vind nie, dus is sy of vroeg oorlede of word sy verwar met die dogter van Jan Botma (die seun) veral omdat haar huwelik ook verwar word.

Steven Jansz Botma het na die Kaap gekom in 1652, sy vrou het "n bietjie later aangekom met sy voorzoon Jan Stevensz, maar die twee voordogters, hare en syne, het agtergebly in Nederland - In 1689 woon een in Arnhem en een in Leist of Leeste.

In 1660 het Steven verklaar dat sy vennoot Hendrik Elbertsz verskeie kere met hulle slavin Adouke ontug gepleeg het.

Bronne:
D F du Toit Malherbe, Stamregister van die Suid-Afrikaanse volk
GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting

Navorsing te danke aan:

Bydrae te danke aan:
Brain Southwood
Gerda Pieterse gpieterse @intekom.co.za

Webblad:


  Reference no.: MOOC8/1.50

Testator(s):
Steeven Jansz: Botman

12 Maart 1700

 

  • Hits: 18773

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy