• Home
  • Civil and Sacred
  • VOC
  • Skepe en Roetes

VOC

Skepe en Roetes

Seilskepe was afhanklink van die wind en windrigting. Partymaal moes die skepe vir weke wag by Texel voordat die wind reg was om uit te seil.

Twee keer per jaar het hulle van Nederland uitgevaar na die Ooste, later drie keer. Die Kermisvloot vertrek September/Oktober. Die Kerstfeesvloot vertrek rondom nuwe jaar. Die Paasschepen vertrek gedurende die tyd van Paas. Die Kersfees vloot kon maklik kos voorrade kry, asook bemanning werf, want daar was amper geen ander werk die tyd van die jaar op ander skepe nie. Kleiner skepies het die manne geneem na die vertrekpunt van die groot Retoerskepe.

Die skepe van die Kamers aan die Zuiderzee: Amsterdam, Hoorn, en Enkhuizen het hoofsaaklik van Texel vertrek. Die skepe het vergader en vir mekaar gewag by die Koopvaardersrede agter Texel sodat hulle saam kon uitseil. Die skepe van die Kamers Rotterdam en Delft het vertrek van die Suid-Hollandse eiland Goeree, terwyl die skepe van Middelburg (Zeeland) van Vlissingen uitgevaar het.

Voor dat hulle gevaar het, het die kaptein al die belangrike dokumente ontvang en in die scheepsdoos (Ship's box) gesit. Dan was daar ook deur een van die direkteurs 'n muster opgawe geneem van al die bemanning voordat hulle vertrek het.

Van Nederland het hulle deur die Kanaal geseil, maar gedurende oorlog het hulle agter om Skotland en Ierland gevaar. Vandaar het hulle suid gevaar tussen die Asore en Kanariese eilande, hier het die skepe van die WIC weggebreuk en oos gevaar. Die VOC skepe het suid gevaar tot by die Kaap-Verdiese eilande langs die weskus van Afrika. Dan het hulle in 'n nou band gevaar tot by die ewenaar, wat bekend was as die waspoor (cart track). Die waspoor het begin net suid van die Kaap Verdiese eilande en van daar tot om en by die ewenaar. Dit was belangrik om binne die twee parallel spore te bly anders sou hulle afkoers gewaai word, of met die see stroom wes of oos gedryf word. Sommige skepe het in die Golf van Guinea beland andere het weer aan die Noorde van Suid-Amerika en Karribiese eilande beland. Sodra hulle deur die waspoor geseil het, het hulle in die rigting van Suid-Amerika geseil. Daar was groot vreugde wanneer hulle verby die gevaarlike Abrolhos eilande gevaar het. Die eilande strek vir honderde myle ook onder water. Hierdie eilande was 'n groot gevaarte vir die skepe. Die Abrolhos eilande is geleë tussen Salvador (Bahai) en Rio de Janeiro. Die roete het dan verander na 'n oostelike rigting met die Kaap as die doel. As hulle 'n bietje van koers was dan het hulle in Saldanha baai beland. Van Nederland tot die Kaap het 'n gemiddelde tyd van 140 dae geneem.

Van die Kaap het hulle oos gevaar, die VOC skepe het gebruik gemaak van die "roaring forties". Voordat die skepe Australië bereik het, het hulle noord gedraai om na Batavia toe te seil. Dit het omtrent 9 maande geneem om van Nederland tot Batavia te seil. Van die Kaap tot Batavia het 'n gemiddelde tyd van 80 dae geneem.

Op pad was daar die moontlikheid om te stop in Brittanje, Kaap-Verdiese eilande, St Helena eiland,en Maurituis eiland, maar dit was net gedoen in geval van nood en wanneer die politieke gesindheid positief was. Wanneer die skepe 'n ander skip gesien het, het hulle 'n wit driehoekige vlag gewaai - dit was 'n teken van vrede en goeie gesindheid. Wanneer daar slegte gesindheid was dan het hulle 'n rooi driehoekige vlag gewaai.

Van die Kaap om na Ceylon en Bengal te seil, het hulle noord langs die Afrikakus op geseil, verby Madagaskar, vandaar het hulle roete verander na Indië toe. Hierdie roete was nie beskikbaar gedurende die maande van die passaatwind nie (monsoon). Die ander roete was om Suid van Madagaskar te seil en dan noord te draai. Van die Kaap na Ceylon het dit omtrent 93 dae se rit geneem.

Daar was verskillende skepe in die diens van die VOC:

Spiegelschip - (square stern ships) hierdie was die grootste skepe, hulle het 'n plat agterend gehad het. Die skepe was 160 voet lank en bewapend met kanonne waarmee hulle enige aanvale kon afweer. Hierdie skepe was soortgelyk gebou as die oorlogskepe. Hulle was die bekende groot Oostindiese skepe

vocfluytFluyt - dit was meer van 'n stoor skip, was kleiner as spiegelschip. Hy het 'n ronde agterend gehad, en was baie gebruik in Europa. Die fluyt was 'n uitstekende skip vir groot vragte en was gebruik met die vervoer van rys, graan en pepper in die Ooste. Die Kamer van Hoorn het die fluyt skip ontwerp, hierdie was 'n middelgrote snelvarende driemas vragskip. Die skip het 'n klein dek oppervlakte gehad en kon met 'n bemanning van tien of twintig vaar. Hierdie skip was baie in Asië gebruik.

Jaght - dit was klein seilskepe wat gebruik was vir plaaslike werk. Het 'n plat agterend gehad, met drie maste en vierkantige seile, daar was klein jaghte wat tussen 80 -100 voete lank was, dan was daar die groot jaghte wat tussen 120 -135 voete lank was. Na een of twee ritte na Asië het hulle nie weer na Europa terug gekeer nie.
Pinas (pinnacles) was soortgelyk aan 'n jaght wat tussen 116 voete en 128 voete lank was, het ook a plat agterend gehad.
Fregat -hulle was soos klein jaghte en pinas,, omtrent 100 - 110 voete lank. Gebou vir snel vaart.
Bootje - was soos 'n klein fluyt omtrent 70 voete in lengte, met drie maste en het vierkantige seile gehad.
Galjoot (galliot) die lengte van hierdie rondeagterend skip was maar 60 - 70 voete lank. Dit het een groot en een klein mas gehad. Hulle was hoofsaaklik gebruik vir spesifieke sendings soos: adviesjacht, verkenner, posvervoer, en om die terugkeerende vloot te ontmoet.
Katschip het 'n plat bodem gehad, en kon 'n groot vrag geneem het, daar was 'n klein personeel nodig gehad vir die skip van 100 - 120 voete. Die skip het ontstaan by die Kamer Hoorn. Die skip was lig gebou en kon nie swaar vragte dra nie.
hoecker -

Amsterdam, Hoorn en Enkhuizen lê aan de Zuiderzee en die manskappe was per "ferrie" na die groot skepe geneem. Hulle klim eers aan boord die groot skepe by Texel of Vlieland, hier word die vrag opgelaai, asook die bemanning se goedere, asook die kos. Die voorrade was met "lighters" of "barges" na die groot skepe geneem, dit kon tussen 18 en 20 "barge" ritte geneem het om die hele vrag na die skeep te gebring het. By Texel was 'n put waar hulle varswater vir die skepe geneem het. Klein roeibootjies het die leë vate na die land en vol vate terug na die skepe geneem. Dit is ook hier waar die manne die eed afgelê het. Die groot skepe het selde na Amsterdam gevaar, behalwe vir reparaties. Die groot skeepskraan in Amsterdam staan naby die schreierstoren. Nederland se hawes het gedurig probleme gehad met versanding van seegate en hawes.

Die VOC het altesame 1461 skepe gebou: Amsterdam het 'n groot werf gehad naby Rapenburg, die werf was later vervang. Die Kamer van Amsterdam het 728 skepe gebou. Die skepe van Enkhuizen was gebou op die werf aan die Wierdijk. Enkhuizen het 108 skepe gebou.

Beide die skepe van Rotterdam en Delft moes deur binnelandse waterroetes reis. Van Rotterdam het hulle eers wes geseil, dan oos met die Ou Maasrivier en dan draai hulle weer wes om in Hollandsdiep uit te vaar. Die skepe het dan verby die eiland Goeree gevaar waar die bemanning op die groot skepe oorgeklim het. Van Delft was daar 'n kanaal Suid gegrawe tot by Delftshawe en dan het hulle die selfde waterroete as die Rotterdamers gevolg. Die Maas was nie bevaarbaar deur die groot skepe nie. Kleiner vaartuie, soos jaghte het personeel en goedere van Delft en Rotterdam na Hellevoetsluis toe geneem waar die grooter skepe in die Rede anker gewag het. Hellevoetsluis was dus die afvaart hawe vir beide hierdie twee kamers. Van daar het hulle verby die Goeree eiland gevaar. Die kamer Delft het 111 skepe gebou.

Die Kamer van Zeeland (se hoofkwartiere was in Middelburg) het 306 skepe gebou. Middelburg lê binnelands op 'n klein eilandjie. Middelburg het die kortste en beste verbintenis met die ope see. Daar was 'n kanaal wat gebou was vir die skepe van Middelburg tot Rammekens. Perde het langs die kanaal die skepe deur die kanaal getrek na hulle bestemming van Rammekens. Die groot skepe van die Kamer van Zeeland het van die hawe Vlissingen uitgeseil.

Die VOC skepe na die Ooste het dus vertrek van Texel, Vlie, Hellevoetsluis, Goeree of de Walcherse rede, en Vlissingen.

BIBLIOGRAFIE:
Pieter van Dam, Beschryvinge van die Oostindische Compagnie deel I, vol I
Bruijns, Dutch Asiatic Shipping, Vol I
HN Kamer, Het VOC - retourschip
Michael Roberts ed, 18th Century Shipbuilding
R van Gelder & L Wagenaar, Sporen van de Compagnie: De VOC in Nederland
ed LM Akveld, S Hart, WJ van Hoboken, Maritieme Geschiedenis van der Nederlanden, Vol II
Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap: Voorspel to Vestiging, 1415 - 1651
P van Mil, De VOC in de Kaart gekeken 1602 - 1799
http://www.vocsite.nl/schepen/scheepstypen.html
http://www.vocsite.nl/woordenlijst/index.html
http://www.vocsite.nl/woordenlijst/tuigage.html
The ship Avondster http://cf.hum.uva.nl/galle/site/whatsnew.html
"Dutch-Asiatic Shipping in the 17th and 18th Centuries" (DAS)

Print Email