Skip to main content

logo new

VOC

VOC KAMERS

Die VOC het bestaan uit 6 Kamers wat in 1602 gestig was. Hulle het 'n bewindheeser elk gehad. Die VOC was beheer deur die Heere XVII. Hieronder word die Kamers gemeld asook die getal teenwoordiges wat elk gehad het. Dan was daar nog een ekstra verteenwoordiger gekies en die vier kleinste Kamers moes saamgestem het met die keuse. Hierdie 17de persoon was voorgestel deur Zeeland en een van die kleiner Kamers al om die beurt:

Zeeland (het gesit op Middelburg en het ook ingesluit die stede Veere en Vlissingen)- 4 Verteenwoordiges
Amsterdam, Noord Holland - 8 Verteenwoordiges
Enkhuizen, Noord Holland - 1 Verteenwoordiges
Hoorn, Noord Holland - 1 Verteenwoordiges
Delft, Zuid Holland - 1 Verteenwoordiges
Rotterdam, Zeeland - 1 Verteenwoordiges
Ekstra - 1 verteenwoordige
TOTAAL van XVII Heere

vocverdeling'n Ironiese voorstelling van die gesag van elke Kamer

Elke Kamer het 'n groot mate van selfstandigheid behou. Hulle het hulle eie personeel gewerf, hulle eie skepe gebou, uitgerus en dit in stand gehou. Maar die handel was gesentraliseert, met pryse wat vasgestel was deur die VOC.

Nederland se regering was bekend as die State Generaal, maar hulle het die VOC vryehand en mag gegee - om te handel, op te tree as die reg, om kolonies te stig, diplomatiese verbintennise met ander lande te sluit. Om forte te bou, militêre personeel te verwerf en selfs om oorlog teen ander lande te voer. Asook die hoofrede - alleenreg om handel te dryf in die Ooste. Die VOC was in beheer van die kerk en die aansteling van dominees en kerkamptenare, hulle het ook die salarisse van die geestelike werkers betaal. Die VOC het dus die reg ontvang wat gewoonlik beperk was tot 'n staat. Die VOC was ' n staat binne 'n staat. Die VOC se leuse was "Jesus Christus is goed maar om Handel te dryf is beter"

BIBLIOGRAFIE:
Philippe Godard, The First and Last Voyage of the Batavia
CR Boxer, The Dutch Seabourne Empire
R van Gelder & L Wagenaar, Sporen van de Compagnie: De VOC in Nederland

http://www.atem.nl/VOC/VOC000.HTM
http://www.londoh.com/voc_links.htm

  • Hits: 12961

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy