Kerke van die Kaap

Regions and boundaries

2. GRENSE EN DISTRIKTE

DIE UITBREIDING VAN DIE GRENSE VAN DIE OU KOLONIE
Ten einde die administrasie van die vinnig verspreidende Europese besetting aan die Kaap te verbeter het Goewerneur Simon van der Stel gedurende 1685 die eerste Landdrospos in Stellenbosch ingestel. Die doel van hierdie pos was om na die Kompanjie se plase, veeposte en algemene belange om te sien. Met die hulp van verskeie assistente, genaamd heemraden, was daar ook maandelikse siviele sake in die hof aangehoor asook belastings ingevorder. Sonder behoorlike gedefinieerde distriksgrense asook onmoontlike lang distansies tussen nedersettings en plase, het hierdie egter gou 'n feitlik onmoontlike taak geword. Dit word aanvaar dat hierdie probleme direk gelei het tot die neerlê van die eerste amptelike grensverlenging in Desember 1711. Die Kaapse distrik het ge-eindig teen die Kuilsrivier en die Stellenbosch distrik by die Hottentots Hollandberge. Geen noordelike grens is egter vasgestel nie. Jurisdiksie van die Stellenboschse distrik het gestrek "tot sover as die binneland waar koloniste was".

Teen 1745 was daar nog steeds net die Stellenboschse Landdrosdistrik en van hierdie heemrade was verwag om 'n grens van ongeveer 500 km te beheer. Die grens van die Kaapkolonie was nog steeds nie behoorlik neergelê nie alhoewel daar settelaars sover as die suide van Namakwaland, noord van die Hantam en die Roggeveld en ooswaarts anderkant die Gouritzrivier was. Wanneer daar melding gemaak was van die okkupasie van die Kaapkolonie is dit slegs beskryf as "far outlaying districts" en word die grens beskryf as "...where the power of the Honourable Company ends".

1745: Grense word neergelê tussen Kaap, Stellenbosch en Swellendam. Nog steeds word die noordelike grens nie beskryf nie.

1769: Permanente grens tussen die distrikte van Stellenbosch en Swellendam word bepaal as die Swartbergreeks. Die area na die noorde toegeken aan Stellenbosch en die suide aan Swellendam. In die ooste word daar settelaars aangetref ver verby die Gamtoosrivier. Dit is ver verby die Grootbrakrivier wat die amptelike oostelike grens was.

1771: Die oostelike grens word verskuif na die Gamtoosrivier en alle settelaars word beveel om terug te trek tot binne die Kolonie se grense. Nog steeds word geen noordelike grens bepaal nie en veeboere beweeg stelselmatig verder noord sonder enige beperkings.

1785: 'n Nuwe Landdrosdistrik word verklaar by Graaff Reinet. Terwyl Swellendam se grense nou definitief bepaal is het Stellenbosch egter nog steeds 'n noordelike korridor en beset settelaars al areas sover as Kamiesberg, Hantam en Nieuwveld by die oorsprong van die Sakrivier.

1795: Die Britte beset die Kaapkolonie en daar is nog steeds geen noordelike grense vasgestel nie alhoewel boere al erkende leenplase vir die afgelope 50 jaar beset.

1798: Lord Mccarthy proklameer die binnelandse grense as volg: In die Noordweskaap, die Nieuweveldberge tot die oorsprong van die Rietrivier en al met sy loop langs tot die bergreekse aan die suidelike rand van Boesmanland tot die noordelike punt van die Kamiesberg en al met die Buffelsrivier (Kousie) tot waar dit in die Atlantiese oseaan inloop. Hierdie grens word bepaal alhoewel daar toe alreeds 7 plase oorkant die Buffelsrivier beset word. Eers in 1805 verleng die Hollandse administrasie die grens met 50 km.

1804: Stellenbosch distrik word onderverdeel deur Goewerneur Janssens. Die noordelike distrik word Tulbach.

1805: 'n Subdivisie van die noordwestelike deel van die kolonie word verklaar en die landdros word gestasioneer by Jan Dissels Vallei (word Clanwilliam in 1814). Hierdie sub-distrik was onderhewig aan opdragte van die landdros by Tulbach. Die Tulbach en Stellenboschse distriksgrense word ook hersien en word so beskryf: Die area oos van die Groot Bergrivier in dieTulbachs distrik en wes van die Groot Bergrivier in Stellenbosch distrik.

1819: Nog 'n subdivisie van Tulbach word verklaar nl. Worcester. Die Clanwilliam subdivisie val nou onder Worcester en word eers in 1836 verklaar as 'n distrik in eie reg.

1847: Die noordelike grens van die Kolonie word verleng tot by die Oranjerivier (Grootrivier).

1856: Namakwaland word verklaar as 'n onafhanklike fiskale divisie. Bron: Aspects of the rural occupance of Namaqualand D.G.B. Slade

CAPE BOUNDARIES IN 1829
Extracted from A History of the South African College by W. Richmond, 1918
supplied by Sharon Marshall

In 1829 the eastern boundaries of the colony were the Keiskama River (although the space between the Keiskama and the Fish river was practically a no-man's land) the Zwart Kei and Stormberg Spruit. The northern boundaries were defined by the Orange river as far as 24 deg 10' and then by a line running SW to Pramberg and thence through the junction of the Zak and Riet Rivers to Buffels River and the sea. It was not long before the emigrant boers were to lay the
foundations of the Orange Free State, Natal and the Transvaal, but as yet these regions were almost completely terra incognita. The colony was in 1829 divided up into 10 districts - the Cape, Stellenbosch, Swellendam, George, Uitenhage, Albany, Worcester, Beaufort, Graaff Reinet and Somerset.
1. The Cape district ran up to St Helena Bay and included Piquetberg and part of Malmesbury;
2. Stellenbsoch included Paarl and part of Malmesbury
3. Swellendam included Caledon, Bredasdorp, Riversdale, Ladismith, as well as the present Swellendam
4. George included Mossel Bay, Oudtshoorn, Knysna, Uniondale, part of Willowmore and Humansdorp, as well as George
5. Uitenhage included, besides Uitenhage, part of Jansenville, most of Humansdorp, Port Elizabeth and Alexandria
6. Albany included Bathurst
7. Worcester was a huge ill-defined district including part of Namaqualand, Van Rynsdorp, part of Calvinia, Sutherland, Clanwilliam, Ceres, Tulbagh, Laingsburg, part of Fraserburg, Montagu and Robertson, besides the present Worcester
8. Beaufort included Beaufort West, Prince Albert and parts of Fraserburg, Victoria West and Willowmore
9. Graaff Reinet included Aberdeen and Graaff reinet and parts of Willowmore, Murraysburg, Richmond and Jansenville
10. Somerset included Somerset East, Bedford, Cradock, Steynsburg, Tarkastad, and parts of Middelburg, Jansenville and Queenstown.

Population in Cape of Good Hope Almanack 1830: 119 756, not including garrison: 55 355 whites, 31 958 'free' blacks, 32 243 slaves.

 

NAMAKWALAND
bydrae deur ELIZE HOUGH

VELDKORNET AFDELINGS (ek vermoed hierdie dokument dateer uit ongeveer 1940-50 maar kan dit ongelukkig nie bevestig nie) Ek het die name van al die plase wat in hierdie onderskeie Veldkornetskappe ingedeel is indien iemand belangstel.

Port Nolloth, Steinkopf, Pella, Springbok, Komaggas, Onder-Kamiesberg, Hardeveld, Kamiesberg

GRENSE VAN NAMAKWALAND: Wes - Atlantiese Oseaan Noord: Oranjerivier Oos: Tussen Pella en Pofadder Suid: Tussen Garies en Bitterfontein. Namakwaland is 47 962 vierkante kilometer groot. As 'n vergelyking: een derde die grootte van Engeland en helfte so groot as Nederland.

TOPOGRAFIESE STREKE:
Sandveld - 'n Sandstrook ongeveer 25 - 40 km wyd wat al langs die kus voorkom.

Hardeveld - 'n Noord -suid strook 50 - 60 km wye bergagtige gebied (wat die Kamiesberge insluit) met hier en daar 'n sanderige gedeelte.

Voor -Boesmanland of Klein Boesmanland - Sandvlaktes oos van die Hardeveld.

DORP- EN PLEKNAME:
Alexanderbaai voorheen Homewood Harbour voorheen Peacock Bay voorheen Cape Voltas. Port Nolloth voorheen Robbe Bay. Kleinzee, Grootmis, Koiingnaas Hondeklipbaai, Wallekraal, Rooiwallebaai voorheen Roodewalbaai. Groenrivier voorheen Groendoornrivier. Bowesdorp verskuif na Kamieskroon. Garies voorheen Genisdorp. Springbok voorheen Springbokfontein. Komaggas, Steinkopf, Aggenys, Pella, Leliefontein, Vioolsdrift,

Die Groot Namakwaland was die destyds onbekende gebied noord van die Oranjerivier nou Namibië. Namakwalandse groete, Elize Hough

 

PrintEmail