Kerke van die Kaap

Written by Johan Erasmus on . Posted in Kerke van die Kaap.

DRAKENSTEIN gestig 1691

Hierdie gemeente het sy ontstaan te danke aan die koms van die Franse Hugenote na Suid-Afrika in 1688. Die Hugenote het aanvanklik onder die gemeente Stellenbosch geressorteer, maar het in 1691 tot die stigting van 'n afsonderlike gemeente oorgegaan. Die nuwe gemeente se eerste plek van samekoms was iewers in die buurt van Simondium geleƫ en was 'n nederige geboutjie van hout en klei wat deur sommige as 'n "vuile hokje" of " 'n gevaarte" beskryf is. Dit was beslis nie doelmatig nie en in die lig daarvan is daar - danksy 'n legaat van die bekende Henning Huising - in 1717 onder leiding van ds. Petrus van Aken tot die oprig van 'n behoorlike plek van aanbidding oorgegaan. Dit word algemeen aanvaar dat die nuwe kerkgebou aan die noordelike kant van die teenswoordige kerkgebou, waar die graf van ds. R. N. Aling is, geleƫ was. Die huidige kerkgebou met sy ou Kaaps-Hollandse ontwerp, wat in die wandel ook as die "strooidakkerk" bekend staan, is in 1805 opgerig. Dit is vandag die oudste kerkgebou van die Ned. Geref. Kerk wat nog in gebruik is.

'n Lange ry van leraars het hierdie gemeente bedien: ds. P. Simond (1691-1701); ds. H. Beck (1702-1707); P. van Aken (1714-1724); ds. L. Slicher (1725-1730); ds. J.W. Hertzogenrath (1731-1736); ds. S. van Echten (1738-1753); ds. P. van der Spuy (1753-1781); ds. R.N. Aling (1784-1800); ds. P. J. van der Spuy (1806-1807); ds. J.W.L. Gebhard (1810-1823); ds. T. J. Herold (1823-1831); ds. G. W. A. van der Lingen (1831-1869). Tydens laasgenoemde se termyn breek 'n vloedgety van herlewing in 1860 uit en ontstaan die Pinksterbidure wat later as 'n vaste praktyk deur die hele kerk oorgeneem word.

In Eeuwfeest-Album van der Nederduits-Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika 1824-1924, deur Ds A Dreyer verskyn daar 'n prent van de oude kerk Paarl 1805

EKSTRA Opmerkings en bydrae deur Jean G le Roux:

Die amptelike dokumente van vie gemeente Drakenstein vir die tydperk 1691 -1717 het verlore geraak. As gevolg van 'n brief van Mev. Simond, weduwee van die eerste leraar, is in 1726 deeglik ondersoek ingestel en afgekom op los notas wat die eerste voorleser Paul Roux, vir eie gebruik tussen 1694 en 1701 gemaak het sowel as notas van die tweede leraar, Ds Henricus Beck vir die tydperk 1702-1707 en weer van 1710-1713. Roux is reeds in 1723 oorlede en sy notas is toe in Frans oorgeskryf saam met enkele inskrywings in 1711 en 1714. Hierdie dokument is uiteraard onvolledig en bevat sekere ernstige foute. Destydse navraag by Ds. Beck, toe leraar in Kaapstad, het niks opgelewer nie, maar darem daartoe gelei dat die Stellenbosse registers nog in sy besit na Stellenbosch teruggeneem is.

Die gemeente Drakenstein is in 1691 gestig en die naam is omstreeks 1804 verander na Paarl. Gedurende die tydperk 1691- minstens 1804 was daar 2 ouderlinge en 4 diakens waarvan die helfte jaarliks afgetree het en nie
onmiddellik herkiesbaar. Die nuwe ouderling is direk deur die Kerkraad verkies, maar vir nuwe diakens moes die Kerkraad 'n dubbeltal aan die Goewerneur voorle waarvan die eerste twee name op die lys normaalweg deur
die Goewerneur goedgekeur is. In die onderstaande lys verskyn ouderlinge se name eerste en dan die 4
diakens in die volgorde soos voorgestel. Slegs in 1770 en 1773 is een van die eerste 2 nie goedgekeur nie en vir daardie jare word die goedgekeurdes se name in hoofletters aangedui.
1745 David de Villiers,
1746 Hendrik van der Merwe, Jan de Villiers, Francois Retief, Jacob Marais en Stephanus du Toit.
1747 Pierre du Toit, Daniel Rossouw, Andries du Toit, Jacob Marais en Roelof van der Merwe.
1748 Stephanus Marais, Hercules du Preez, Thomas A Theron, Pieter Strydom en Jacob Marais.
1749 Jean Blignaut, Pieter Strydom, Roelof van der Merwe, Francois Retief en Pierre Loret.
1750 Pierre du Toit, Daniel Rossouw, Jacob Marais, Jan de Villiers en Pierre Loret.
1751 Charl Marais, Pieter du Toit, Jan Booyens, Stephanus du Toit en Pieter du Plessis.
1752 Pierre le Roux, Roelof van der Merwe, Pieter Strydom, Tielman Roos en Wensel C Coetzer.
1753 Pierre du Toit, Francois Retief, Pierre Loret, Daniel Rossouw en Tielman Roos.
1754 Abraham de Villiers, Thomas A Theron, Jan Blignaut, Pieter du Toit en Jan Booyens.
1755 Wynand Louw, Roelof van der Merwe, Pieter du Toit, Jacob Marais en Abraham Bosman
1756 David de Villiers, Pierre Loret, Jacob Marais, Tielman Roos en Hendrik F Moller.
1757 Charl Marais, Daniel Rossouw, Paul Roux, Jan Blignaut en Andries du Toit
1758 Roelof van der Merwe, Jan Blignaut, Andries du Toit, Hendrik F Moller en Tielman Roos.
1759 Pierre Loret, Jacobus P Roux, Pieter de Villiers, Hendrik F Moller en Tielman Roos.
1760 Pierre du Toit, Paul Roux, Pieter Blignaut, Tielman Roos en Pieter Joubert.
1761 Francois Retief, Pieter Joubert, Wensel C Coetzer, Andries du Toit en Hendrik F Moller.
1762 Roelof van der Merwe, Jan Blignaut, Andries du Toit, Jacobus P Roux en Tielman Roos.
1763 Daniel Rossouw, Paul Roux, Pieter Blignaut, Jeremias Coetzer en Carel van der Merwe.
1764 Thomas A Theron, Wensel C Coetzer, Pieter Joubert Gsn, Isak Nel en Tielman Roos.
1765 Pierre Loret, Joseph le Riche, Jeremias Coetzer, Pieter Marais Dsn en Pieter de Villiers.
1766 Jan Blignaut, Daniel du Plessis, Pieter Marais Dsn, Pieter de Villiers en Isak de Villiers.
1767 Jan de Villiers, Pieter de Villiers, Pieter Blignaut, Andries du Toit en Jan Rossouw.
1768 Paul Roux, Jacobus P Roux, Pieter Joubert G sn, Isak Nel en Tielman Roos.
1769 Roelof van der Merwe, Isak Nel, Jeremias Coetzer, Jacob de Villiers en David de Villiers.
1770 Pierre Loret, Tielman Roos, DAVID DE VILLIERS Jsn, Jacob de Villiers en JACOBUS LOUW.
1771 Thomas A Theron, Jacob de Villiers, Johannes du Preez, Daniel du Plessis en Pieter de Villiers.
1772 Jacob Marais, Jeremias Coetzer, Isak Nel, Jacobus Bosman en Abraham J le Roux.
1773 Jan Blignaut, JP DU TOIT, Jacobus Bosman, Abraham J le Roux en GERRIT MUNNIK.
1774 Wensel C. Coetzer, Stephanus du Toit Psn, Pieter de Villiers, Abr. J le Roux en SJ Weyers
1775 Isak Nel, SJ Weyers, Jan du Preez, Thomas A Theron Psn en Abraham J le Roux.
1776 Daniel du Plessis, Abr. J le Roux, Thomas A Theron Psn, Andries Brink en Booy Booysen.
1777 Pieter de Villiers, GG Hauptfleisch, JOSUA JOUBERT, Jac. P du Preez, SCHALK W VAN DER MERWE Rsn.
1778 Jac P Roux, PJ de Villiers, Pieter van der Merwe, Booy Booysen en Pieter de Villiers.
1779 Pieter Blignaut, Abr. Josua le Roux, Daniel Rossouw, Pieter de Villiers en Abr. de Villiers.
Ook in 1777 was die eerste kandidaat-diaken nie vir die regering aanvaarbaar nie.